Vedruna-skole sal oor die volgende 4 jaar tot €600 000 (R9 miljoen teen die huidige wisselkoers) bespaar as gevolg van die uitskakeling van onderhoud- en lisensiëringkoste.

Met die bekendstelling van Chromebooks in klasse wou ons die leerders motiveer en terselfdertyd hulle studievaardighede verbeter. Ons wou ook die weg baan vir onderwysers na 'n vorm van onderrig wat op bekwaamheid gebaseer is. Dit sou dan help om die verhouding tussen leerders en onderwysers te verbeter en sodoende ook groepwerk binne en buite die klaskamer vergemaklik.

Pere Viñas, laerskoolonderwyser by die Vedruna-skool in Ripoll.

Uitdaging

Alhoewel daar al voorheen Vedruna-skole was wat die Google Apps for Education-omgewing gebruik het, het hulle nie die steun van Chromebooks gehad nie. In 2013 is 'n proeflopie met Chromebooks geloods in 'n bewuste poging om die digitale opvoeding van die leerders 'n stap verder te neem. Daar is gevind dat die stelsel werklike voordele vir die onderrigomgewing kon bied, teenoor die vorige stelsel wat gebaseer was op rekenaarstudie as 'n klaskamervak met groot praktiese beperkings.

Oplossing

Daar het reeds 'n model bestaan in verskeie sentrums wat die Google Apps for Education-omgewing gebruik het, maar dit was sonder die steun van Google Chromebooks. In September 2013 is die eerste volle eksperiment met Chromebooks uitgevoer in verpligte sekondêre skoolvakke by die Vedruna-sekondêre skool in die Gracia-distrik, Barcelona. In hierdie eerste fase is 150 Chromebooks gebruik. Die leerders en onderwysers kon dit leer ken en die kapasiteit en eienskappe daarvan bepaal. Na drie maande is gevind dat die stelsel werklike voordele bied teenoor die vorige stelsel en die Vedruna-bestuursraad het besluit om dit na die volgende vlak te neem.