Begin direk uit die boks leer

Chromebooks en tablette sluit uit die staanspoor 'n steundiens en bestuur in, asook ingeboude toegang tot G Suite en opvoedkundige inhoud. Vanaf $219.

Begin hier
Bekostigbaar

Chromebooks en Android-tablette is gemaak om jou totale koste van eienaarskap te verminder. Toestelle begin by $219, met 'n steundiens en bestuur vir $30.

Maklik om te bestuur

Jy kan dit in 'n paar minute opstel en 10 of 10 000 toestelle vanaf 'n sentrale punt bestuur, regdeur jou skool, distrik of streek.

Perfek vir deling

Studente kan 'n enkele toestel deel, maar steeds 'n persoonlike ervaring geniet net deur aan te meld.

Gaan jy dit in jou skool loods?

Kyk na ons IT-gids

Chromebook teenoor rekenaar

61%
laer totale koste van eienaarskap
Total koste van ander toestelle oor 3 jaar: $1 507/toestel

Totale koste van Chromebooks oor 3 jaar: $588/toestel

LEES MEER

93%
minder tyd om te ontplooi
Opsteltyd vir ander toestelle: 1,8 uur/toestel

Opsteltyd vir Chromebooks: 7 minute/toestel

LEES MEER

68%
minder arbeid om te steun
Tyd om ander toestelle te bestuur per jaar: 4,3 uur/toestel

Tyd om Chromebooks te bestuur per jaar: 1,4 uur/toestel

LEES MEER

Bestuur maklik 10 of 10 000 Chromebooks

'n Lisensie vir Chromebook-bestuur verleen toegang aan jou tot die webgebaseerde bestuurskonsole. Van daar af kan jy Chromebooks regoor 'n skool, distrik of land opstel en bestuur.

Skep gebruikergroepe

Pas beleide, programme en instellings toe op verskillende gebruikergroepe. Groepeer studente volgens grade of vakke. Onderskei tussen studente en personeel.

Pre-installeer en blokkeer programme

Pre-installeer programme, uitbreidings en URL's of plaas dit op 'n witlys of 'n swartlys.

Bly op hoogte van bates

Ken toestelle toe aan spesifieke studente en personeellede en kry opstelling- en gebruikverslae.

Bestuur gebruikertoegang

Beheer wie jou Chrome-toestelle gebruik: verhoed dat eksterne gebruikers aanmeld, deaktiveer besoekermodus of wys spesifieke gebruikertipes aan vir jou toestelle.

Stel netwerktoegang op

Stel netwerk- en instaanbedienerinstellings op sodat gebruikers maklik aan die gang kan kom en verseker dat hulle beskerm is met webfilters en brandmure.

Pasmaak gebruikerfunksies

Verander gebruikersinstellings, soos boekmerk- en programsinkronisering tussen rekenaars, en toon 'n tikkie skoolgees op jou toestelle met gepasmaakte Chrome-werkskermtemas.

Moeite nie ingesluit nie

Chromebooks word gelewer met 24/7-bystand direk vanaf Google, outomatiese opdaterings en verskeie sekuriteitlae. Dus kan studente en onderwysers meer doen en minder bekommer.

Geen gewag nie

Chromebooks laai in minder as 10 sekondes en hervat oombliklik. In teenstelling met ander rekenaars vermy Chromebooks die ophoping van ou sagteware en word hulle nie mettertyd al hoe stadiger nie.

Geen onderhoud nie

Met outomatiese opdatering sal Chromebooks sekuriteit- en sagteware-opdaterings aflaai en installeer, sodat jy nie hoef nie. Tydmors op die installering van regstellings is iets van die verlede.

Kommervry

Chromebooks het verskeie sekuriteitlae om hulle teen virusse en wanware te beskerm, sonder enige bykomende sekuriteitsagteware. Met Google Drive word alle lêers aanlyn gerugsteun, alles is veilig, selfs as die Chromebook per ongeluk gaan swem.

Deel met 'n onbeperkte aantal studente

Selfs wanneer Chromebooks tussen klasse gedeel word, kry elke student 'n ten volle gepersonaliseerde leerervaring, insluitend toegang tot sy of haar eie klaswerk, programme, boeke en video's.

Verskeie profiele, met gemak

Verskeie aanmeldprofiele stel jou in staat om jou Chromebook maklik en veilig met klasmaats, vriende en familie te deel. Elkeen kry hul eie gepersonaliseerde programme, instellings en boekmerke wanneer hulle aanmeld.

Besoekers is welkom

Besoekermodus laat ander toe om 'n Chromebook te gebruik sonder 'n gebruikerrekening. Besoekers het nie toegang tot enige data wat op die Chromebook gestoor is nie, en hulle hele blaaigeskiedenis word uitgevee wanneer die sessie klaar is.

Deel gerus

Met die ingeboude sekuriteit kan studente en onderwysers hul Chromebook met ander deel sonder die vrees vir algemene rekenaarprobleme, soos toevallige sagteware-installasies, wanware of veranderde instellings.