Privaatheid- en sekuriteitinligting

Dit is Google se missie om die wêreld se inligting te organiseer en dit vir almal toeganklik en nuttig te maak. Die versekering dat onderwysers en leerders oraloor toegang het tot tegnologie om sáám te leer en te werk, vorm 'n natuurlike deel van daardie missie.

Dit is waarom ons opvoeders voorsien van kragtige oplossings wat bekostigbaar is en maklik is om te gebruik. Ons weet dat vertroue gewen word deur die beskerming van onderwysers en leerders se privaatheid en die verskaffing van die beste sekuriteitmaatreëls. Hierdie webblad verduidelik ons ​​privaatheid- en sekuriteitverpligtinge in gewone taal.

Wat is G Suite for Education se kerndienste?

Die G Suite for Education-kerndienste is die hart van Google se opvoedkundige aanbod aan skole. Die kerndienste is Gmail (wat Inbox by Gmail insluit), Kalender, Klaskamer, Kontakte, Drive, Dokumente, Vorms, Groepe, Blaaie, Sites, Skyfies, Talk/Hangouts en Vault. Hierdie dienste word verskaf onder die G Suite for Education-ooreenkoms.

Schools can use G Suite core services in compliance with COPPA and FERPA. G Suite core services contain no advertising and do not use information in those services for advertising purposes.

Meer as 50 miljoen leerders, onderwysers en administrateurs in byna elke land in die wêreld maak staat op G Suite om sáám te leer en te werk. Ons is daartoe verbind om die privaatheid en sekuriteit van al ons gebruikers, insluitend leerders, te beskerm.

Please note that there are additional services outside of the G Suite core services that G Suite users can access. These services are not governed by the Student Privacy Pledge or the G Suite agreement, so we may use information in these services in ways we would not for G Suite core services. For example, additional services may serve ads, and Google may use information in these additional services to improve them. For G Suite users in primary/secondary (K-12) schools, Google does not use any user personal information (or any information associated with a Google Account) to target ads. Please review the G Suite Privacy Notice, Google Terms of Service and Google Privacy Policy. Learn more about the differences between core services and additional services below.

Learn more about G Suite core and additional services Read our G Suite agreement (Google's contract with schools covering G Suite core services)

School

Besit Google skool- of leerderdata?

Nee, Google neem nie eienaarskap van enige kliëntdata in G Suite-kerndienste nie, en dit word so gestel in ons kontrakte (onder "Intellektuele eiendom").

Ons verskaf kragtige bestuursnutsgoed wat maklik is om te gebruik en kontroleskerms wat administrateurs help om op hoogte van hulle organisasie se dienste, gebruik en data te bly. Ons hou slegs jou persoonlike inligting vir so lank as wat jy ons vra om dit te hou. As 'n onderwysdepartement, skool of universiteit besluit om op te hou om Google te gebruik, maak ons dit vir hulle maklik om hul data saam te neem.

Learn how to take data out of Google Read the contract (section on "intellectual property")
Information Sharing

Does Google sell school or student data to third parties?

Nee, ons verkoop nie jou G Suite-data aan derde partye nie en ons deel nie persoonlike inligting wat in ons stelsels geplaas is met derde partye nie, behalwe onder 'n paar uitsonderlike omstandighede soos in die G Suite-ooreenkoms en ons privaatheidsbeleid uiteengesit is, byvoorbeeld wanneer jy vra dat ons dit deel of wanneer ons deur wetgewing verplig word om dit te doen.

Meer oor die deel van inligting
No Ads

Is daar advertensies in G Suite?

Nee, daar is geen advertensies in die G Suite-kerndienstepakket nie. Buite die G Suite-kerndienste, mag bykomende Google-dienste advertensies wys, soos beskryf in G Suite se privaatheidkennisgewing. Vir G Suite-gebruikers in laer- en hoërskole (graad R tot 12), gebruik Google geensins gebruikers se persoonlike inligting (of enige inligting wat verband hou met 'n Google-rekening) om advertensies te teiken nie.

Read our G Suite agreement (Google's contract with schools covering G Suite core services) Lees ons G Suite-privaatheidkennisgewing More about Privacy

Hoe hou Google data veilig?

Ons is ten volle verbind tot die veiligheid en privaatheid van jou data en om jou en jou skool te beskerm teen pogings om daarop inbreuk te maak. Ons stelsels is van die veiligste in die bedryf en ons bied sterk weerstand teen enige onwettige pogings om toegang tot ons kliënte se data te verkry.

Google se datasentrums gebruik gepasmaakte hardeware en bedryf 'n bedryfstelsel en lêerstelsel wat doelmatig verhard is. Elk van hierdie stelsels is geoptimeer vir sekuriteit en werkverrigting. Aangesien Google die hele hardewarestapel beheer, kan ons vinnig reageer op enige dreigemente of swakplekke wat dalk voorkom.

Google enkripteer Gmail (insluitend aanhegsels) en Drive-data terwyl dit beweeg. Dit verseker dat jou boodskappe veilig is, nie net wanneer hulle tussen jou en Google se bedieners beweeg nie, maar ook wanneer hulle tussen Google se datasentrums beweeg.

Meer oor sekuriteit
Reliable tools

Hoe verseker Google dat sy nutsgoed betroubaar is?

Ons bewese infrastruktuur hanteer meer as 100 miljard soeknavrae per maand en skaleer dienste soos Gmail aan honderde miljoene gebruikers met 99,978%-beskikbaarheid en geen geskeduleerde aftyd nie. Ons het meer as 450 voltydse ingenieurs, die wêreld se topdeskundiges in sekuriteit, wat daaraan werk om jou inligting te beskerm.

Meer oor betroubaarheid
Security practices

Watter derde partye het Google se sekuriteitpraktyke nagegaan?

Ons werk saam met onafhanklike ouditeure om ons databeskermingspraktyke na te gaan. Ernst & Young, 'n onafhanklike ouditeursfirma, het bevestig dat ons praktyke en kontraktuele verpligtinge vir G Suite aan ISO/IEC 27018:2014 voldoen. G Suite en ons datasentrums is ook volgens SSAE 16/ISAE 3402 Type II SOC 2 geouditeer en het ISO 27001-sertifisering verkry.

More about Compliance See our security audit certifications Details of SOC3
Keep Data Secure

Hoe weet ek dat ander kliënte wat dieselfde bedieners deel, nie toegang tot my data het nie?

Jou data word logies beskerm asof dit op 'n eie bediener is. Ongemagtigde partye het nie toegang tot jou data nie. Ander kliënte het nie toegang tot jou data nie, en jy het nie toegang tot hulle data nie. Trouens, alle gebruikerrekeninge word beskerm deur hierdie veilige argitektuur wat verseker dat een gebruiker nie 'n ander gebruiker se data kan sien nie. Dit is soortgelyk aan hoe kliëntdata gesegmenteer word in ander gedeelde infrastrukture, soos aanlynbankdiensaansoeke.


Keeping our words

Hoe weet jy ons hou by ons woord?

Ons verbind ons tot 'n kontrak in ons G Suite-ooreenkoms en onderneem hier om te voldoen aan privaatheid- en sekuriteitstandaarde. Of dit nou intydse kontroleskerms is om stelselwerkverrigting te verifieer, die voortgesette ouditering van ons prosesse, of om ons datasentrums se ligging te deel, ons is daartoe verbind om aan al ons gebruikers die beste deursigtigheid te bring. Dis jou data en ons wil hê dat jy weet wat daarmee gebeur sodat jy altyd ingeligte besluite kan neem.

Meer oor deursigtigheid
Student Privacy Pledge

Het Google die Student Privacy Pledge, 'n belofte om aan verpligtinge te voldoen wat leerderprivaatheid beskerm, onderteken?

Ja. Om die verpligtinge wat ons met skole aangegaan het te herbevestig, het Google die Student Privacy Pledge onderteken. Hierdie belofte, wat deur die Future of Privacy Forum (FPF) en The Software & Information Industry Association (SIIA) ingestel is, het die bedoeling om weer te gee dat ons daartoe verbind is om leerders se persoonlike inligting te beveilig in ons dienste wat vir skoolgebruik ontwerp is.

Read the Student Privacy Pledge Student privacy pledge signatory
Security practices

Enkripteer Google my data?

Ja. Data word geënkripteer op verskeie vlakke. Google forseer HTTPS (HyperText Transfer Protocol Secure) vir alle uitsendings tussen gebruikers en G Suite-dienste en gebruik perfekte vorentoegeheimhouding (PFS) vir al sy dienste. Google enkripteer ook boodskapsendings met ander e-posbedieners met gebruik van 256-bit Transport Layer Security (TLS) en gebruik 2048 RSA-enkripsiesleutels vir die validering- en sleutelruil-fases. Dit beskerm boodskapkommunikasie wanneer gebruikers e-posse stuur en ontvang met eksterne partye wat ook TLS gebruik.


How do Google services collect and use information with G Suite for Education accounts?

The G Suite for Education Privacy Notice can help schools, students, and parents understand what information Google services collect when used with G Suite for Education accounts, and what they do with that information.

Lees ons G Suite-privaatheidkennisgewing

Watter soort skandering of indeksering van gebruikerdata word op G Suite for Education-rekeninge uitgevoer?

G Suite services don't collect or use information in those services for advertising purposes or to create ads profiles.

Gmail vir verbruikers en G Suite-gebruikers loop op dieselfde infrastruktuur, wat ons help om hoë werkverrigting, betroubaarheid en sekuriteit aan al ons gebruikers te lewer. Maar G Suite is 'n afsonderlike aanbieding wat addisionele sekuriteit en administratiewe en argivering-kontroles aan onderwys-, werk- en regeringkliënte verskaf.

Soos baie e-posdiensverskaffers, doen ons skandering in Gmail om ons kliënte veilig te hou en om hul produkervaring te verbeter. In Gmail vir G Suite sluit dit virus- en strooiposbeskerming, speltoets, relevante soekresultate en funksies, soos prioriteitsinkassie en outo-opsporing van kalendergebeurtenisse, in. Skandering om produkfunksies te kan verskaf word op alle inkomende e-posse gedoen en is 100% outomaties. Ons skandeer NIE G Suite-e-posse vir advertensiedoeleindes nie.

Lees ons G Suite-privaatheidkennisgewing

Kan G Suite for Education gebruik word met voldoening aan die VSA se wetgewing ten opsigte van gesinne se opvoedkundige regte en privaatheid, die Family Educational Rights and Privacy Act (FERPA)?

Ja. G Suite-kerndienste voldoen aan die Family Educational Rights and Privacy Act (FERPA) en ons verbintenis om daaraan te voldoen is by ons ooreenkomste ingesluit.

Kom meer te wete oor FERPA

Met veranderinge rondom die VSA-EU Safe Harbor-ooreenkoms in gedagte, watter opsies bied G Suite for Education vir die nakoming van die EU-databeskermingriglyne se vereistes?

Skole kan ons dataverwerkingwysiging en modelkontrakklousules aanvaar. Dit is bykomende maniere om aan die toereikendheid- en sekuriteitvereistes van die EU se databeskermingsriglyne te voldoen. Modelkontrakklousules is spesifiek deur die Europese kommissie geskep om die oordrag van persoonlike data vanuit Europa toe te laat.

As jy dit nog nie gedoen het nie, wil ons graag ons G Suite-kliënte daaraan herinner om dit sterk te oorweeg om die dataverwerkingwysiging en modelkontrakklousules te aanvaar.

See opt-in instructions More about model contract clauses

Kan G Suite for Education gebruik word in ooreenstemming met die VSA se wetgewing ten opsigte van kinders se aanlyn privaatheidbeskerming, die Children's Online Privacy Protection Act van 1998 (COPPA)?

Ja. Ons kontrak vereis dat skole wat G Suite gebruik, toestemming van ouers kry soos vereis word deur COPPA. Ons dienste kan in ooreenstemming met COPPA gebruik word, mits die skool toestemming van die ouers het.

Lees COPPA Read our help center article “Getting consent for G Suite”

Wie gebruik Chromebooks for Education?

Miljoene studente gebruik Chromebooks om mee te leer. Privaatheid- en sekuriteitkenmerke het gehelp om Chromebooks vir die afgelope twee jaar die topverkoper-toestel aan graad R- tot 12-skole in die VSA te maak. Administrateurs kan die instellings bestuur om aan leerders so veel of so min toegang te gee as wat die skool wil hê.

Alhoewel Chromebooks nie 'n kerndiens is nie, het ons verseker dat hulle voldoen aan die Student Privacy Pledge sodat skole dit kan gebruik in ooreenstemming met COPPA en FERPA. Ons verseker spesifiek dat geen data wat in 'n Chromebook ingevoer word, gebruik word om advertensies na leerders te lei nie. Kom hieronder meer te wete.


Chromebooks safety

Is Chromebooks veilig vir my leerders?

Ja. Chromebooks is ontwerp met verskeie sekuriteitlae om hulle teen virusse en wanware te beskerm, sonder enige bykomende sekuriteitsagteware. 'n Volle 10% van laaityd word gewy aan herbevestiging dat daar nie met die toestel gepeuter is nie. Elke keer wat jy 'n Chromebook aanskakel, word jou sekuriteit dus nagegaan. En aangesien Chromebooks vanaf die web bestuur word, is dit vir administrateurs maklik om beleide en instellings op te stel, soos om veilige blaai te aktiveer of kwaadwillige webwerwe te blokkeer.

More about Chromebook security More about Chromebook privacy Read the Chrome privacy whitepaper
Online testing

Is Chromebooks versoenbaar met aanlyntoetsing?

Chromebooks is 'n veilige platform vir leerderassessering en as dit korrek opgestel is, kan hierdie toestelle aan graad R- tot 12-opvoedingtoetsstandaarde in die VSA voldoen. Met Chromebooks kan jy tydens 'n eksamen leerders se toegang tot die internet deaktiveer. Jy kan ook eksterne berging, skermkiekies en die vermoë om drukwerk te doen, deaktiveer. Beide PARCC (sien TestNav) en die Smarter Balanced Assessment consortia, assesseringsliggame in die VSA, het bevestig dat Chromebooks aan hardeware- en bedryfstelselvereistes vir aanlyn studente voldoen.

Stel Chromebooks op vir toetsing
Chrome Sync

Hoe word data gebruik en beskerm vir leerders wat Chromebooks for Education gebruik?

Met Chrome-sinkronisering kan Google-rekeninghouers aanmeld met enige Chromebook of Chrome-blaaier en al hulle programme, uitbreidings, boekmerke en webblaaie wat hulle gereeld besoek, vind. Vir leerders beteken dit dat hulle onmiddellik kan begin werk. Dit is een van die redes waarom Chromebooks so gewild geword het in klaskamers, veral vir skole wat nie 'n toestel vir elke kind kan bekostig nie. Met Chromebooks en Chrome-sinkronisering kan leerders 'n gepersonaliseerde ervaring hê op enige toestel wat hulle met hul klasmaats deel.

Persoonlik identifiseerbare Chrome-sinkroniseringdata in G Suite-rekeninge word slegs gebruik om funksies vir daardie persoon in Chrome te aktiveer, soos byvoorbeeld om aan leerders toegang te gee tot hul eie blaaierdata en -instellings, veilig en op enige toestel. Daarbenewens voeg ons stelsels data saam van miljoene gebruikers van Chrome-sinkronisering en, na die algehele verwydering van inligting oor individuele gebruikers, gebruik ons ​​hierdie inligting om ons totale dienslewering te verbeter. Indien data byvoorbeeld toon dat miljoene mense 'n webblad besoek wat gebreek is, sal daardie webwerf laer in die soekresultate geskuif word. Dit word nie aan 'n spesifieke persoon gekoppel nie en dit word ook nie gebruik om leerdergedrag te ontleed nie. Indien hulle dit verkies, kan administrateurs Chrome-sinkronisering deaktiveer en gebruikers kan kies watter inligting om te sinkroniseer. G Suite-gebruikers se Chrome-sinkroniseringdata word nie gebruik om advertensies op individuele studente te teiken nie.

Learn more about Chrome Sync Learn how to manage Chrome devices See how to encrypt your synced data

Bykomende dienste

Skole kan bepaal of leerders of onderwysers bykomende Google-verbruikersdienste met hul G Suite-rekeninge kan gebruik. Ons is daartoe verbind om te verseker dat persoonlike inligting van graad R- tot 12-leerders nie gebruik word om advertensies in hierdie dienste te teiken nie, en in sommige gevalle wys ons geen advertensies nie.

Die meeste bykomende dienste word deur Google se diensbepalings en privaatheidsbeleid beheer en sommige dienste kan ook diensspesifieke bepalings bevat.

Ons gee aan skoolleiers die geleentheid om te besluit of hierdie dienste aan- of afgeskakel moet wees vir sekere groepe onderwysers of leerders. Elke organisasie en gemeenskap is anders, dus bemagtig ons skole om nutsgoed op te stel soos dit hulle pas om aan die unieke behoeftes van leerders en onderwysers te voldoen.

Learn more about G Suite core and additional services Learn more about additional services that can be used with G Suite accounts, and see any service-specific terms that apply to them Read the Google Terms of Service Read the Google Privacy Policy that governs many additional services

Hoe kan gesinne hulle kinders aanlyn veilig hou?

Saam met hierdie blad, wat die besonderhede bevat oor die dienste wat ons aan skole bied, kan jy ook leiding vind oor hoe om jou kinders buite die skool, aanlyn veilig te hou. Ons het saam met verskeie vennote gewerk om die Google-gesinsveiligheidsentrum te skep.

Besoek die Google-gesinsveiligheidsentrum