Help studente, ouers en opvoeders wêreldwyd om by rekenaarwetenskap betrokke te raak

Help studente, ouers en opvoeders wêreldwyd om by rekenaarwetenskap betrokke te raak

GOOGLE SE REKENAARWETENSKAPONDERRIG

“CS First het ons studente gehelp om die basiese beginsels van rekenaarprogrammering te leer.”

LEES MEER

Me. Betsy Hare

CS First-deelnemer, spesialis in onderwystegnologie aan Oakbrook Middle School in Ladson, SC.

GOOGLE SE REKENAARWETENSKAPONDERRIG

“Ná my eerste 'Made with Code'-partytjie het ek invloedryk en in beheer gevoel. Ek is baie geïnspireerd daar weg.”

LEES MEER

Amaya, 13 jaar oud

"Made with Code"-deelnemer by Girls Inc. van die Pasifiese Noordweste (Portland, Oregon)

GOOGLE SE REKENAARWETENSKAPONDERRIG

“Die RISE-toekenning in 2012 het definitief gehelp om ons ongelooflike groei oor die afgelope twee jaar te kataliseer …”

LEES MEER

Chelsey Roebuck

RISE-vennoot en uitvoerende hoof en medestigter van ELiTE, NYC

GOOGLE SE REKENAARWETENSKAPONDERRIG

“Tydens ons CS4HS-slypskool het ons Scratch dadelik opgetel en dit gebruik om studente aan programmering bekend te stel …”

LEES MEER

Shannon Houtrouw

CS4HS-deelnemer en rekenaarwetenskaponderwyser by die Kalamazoo-streek se wiskunde- en wetenskapsentrum.

GOOGLE SE REKENAARWETENSKAPONDERRIG

"Vir my was kodering 'n uitdaging, maar Pencil Code het my toegelaat om my koderingvaardighede op die proef te stel.”

LEES MEER

Allie Maltzman

Pencil Code-deelnemer, 2018-klas.

×

Uitdagings

Me. Hare het opgelet dat vrouestudente klasse wat op tegnologie fokus, laat vaar. Nadat sy met sommige van die studente gesels het, het sy besef sy kan dalk nie hul kursuskeuse verander nie, maar sy kan meisies 'n omgewing bied waar hulle gemaklik voel om saam te werk, te kommunikeer en met hul eweknieë te skakel deur rekenaarwetenskap.

Besoek CS First

Oplossings

Bewus daarvan dat RW meer is as om net voor 'n skerm te sit, het me. Hare "Meisies in Tegnologie" geskep, 'n twee uur lange naskoolprogram vir laerskoolmeisies om aan spanbou te werk, met die gemeenskap te skakel en om Google CS First te gebruik om die basiese beginsels van rekenaarprogrammering te leer. Vroue uit die plaaslike tegnologiegemeenskap word genooi om hul loopbane te bespreek en mentors te wees terwyl studente aan hul CS First-projekte werk. Die meerderheid meisies het begin met geen rekenaarwetenskapblootstelling nie en is daar weg met die hoop op meer projekte en opgewonde om met hul kodeervaardighede by hul eweknieë, vriende, familie en gemeenskapslede te spog.

Hulpbronne

×

Uitdagings

Voor Made With Code het Amaya baie min ondervinding van kodering gehad en nie verstaan wanneer en waar dit gebruik word nie. Amaya sê sy is baie dankbaar vir Girls Inc. en haar Made With Code-ervaring en sy voel daar is te veel meisies wat nog nie die geleentheid gegee is om kode te leer of aangemoedig is om 'n loopbaan in rekenaarwetenskap te beoefen nie.

Besoek Made with Code

Oplossings

Amaya het deur Made with Code gesien meisies kan in invloedryke rekenaarwetenskapposte werk en gelykheid met mans in programmering bereik. Amaya is ook geïnspireer om ander meisies by Girls Inc. te leer om te kodeer. Sy het deur hierdie ervaring vertroue opgebou, haar eie sterkpunte leer ken en haar leierskappotensiaal ontdek.

Hulpbronne

×

Uitdagings

ELiTE was specifically interested in learning how to better serve girls as emerging leaders in technology. They sought to learn from WAAW Foundation (Working to Advance African Women) and model best practices to engage more girls, specifically in Africa.

Besoek RISE

Oplossings

ELiTE kon dit wat hulle in Kenia, Ghana en Nigerië geleer het in die VSA toepas waar hulle nou meer inklusiewe buitekurrikulêre programme in skole bedryf. Hoewel hul fokus was om 'n beter werkomgewing vir meisies te skep, het hulle met die veranderings beter gehalte werk by alle studente gesien.

Hulpbronne

×

Uitdagings

Luidens 'n studie wat in 2015 deur die Amerikaanse onderwysdepartement gedoen is, het minstens 17 deelstate 'n tekort aan rekenaarwetenskaponderwysers aangemeld, tot so ver terug as 1990. Om die groei van rekenaarwetenskaponderrig te steun, beteken dat onderwysers van hoë gehalte wat die nuutste praktyke en pedagogie van rekenaarwetenskaponderrig verstaan, opgelei en ontwikkel moet word.

Besoek CS4HS

Oplossings

CS4HS voorsien finansiering aan plaaslike rekenaarwetenskap-onderwyskundiges om die professionele ontwikkeling van RW-onderwysers te beplan en te ontwikkel. CS4HS-programme verskil van streek tot streek gegrond op die behoeftes van plaaslike onderwysers, maar die uitkoms is dieselfde: onderwysers kry meer selfvertroue om onderrig in rekenaarwetenskap te gee en vestig waardevolle verbintenisse met ander RW-onderwysers.

Hulpbronne

×

Uitdagings

Beaver Country Day School, a small private school in Massachusetts, recognized the growing importance that computer science plays in the world. However, like many schools in the US, they didn’t offer any programming classes, so their students weren’t getting exposure to CS

Besoek Pencil Code

Oplossings

Om dit aan te spreek, het Beaver Country Day School in 2013 die eerste skool in die land geword om rekenaarwetenskap by meer van hul klasse te integreer. Van Engels, tot kuns, tot wiskunde, het hulle die Pencil Code-nutsding gebruik om programmering by hul kurrikulum in te bou. Studente is nou betrokke in 'n hele klomp aktiwiteite met Pencil Code, van die ontwerp van kletsbotte tot die skep van visuele aanbiedings van Macbeth, tot die oplos van wiskundesomme, tot by die bou van 'n program wat jou vertel hoeveel uur jy per aand moet studeer.

Hulpbronne

CS Eerste

“CS First het ons studente gehelp om die basiese beginsels van rekenaarprogrammering te leer.”

Made With Code

“Ná my eerste 'Made with Code'-partytjie het ek invloedryk en in beheer gevoel. Ek is baie geïnspireerd daar weg.”

RISE

“Die RISE-toekenning in 2012 het definitief gehelp om ons ongelooflike groei oor die afgelope twee jaar te kataliseer …”

CS4HS

“Tydens ons CS4HS-slypskool het ons Scratch dadelik opgetel en dit gebruik om studente aan programmering bekend te stel …”

Pencil Code (Potloodkode)

"Vir my was kodering 'n uitdaging, maar Pencil Code het my toegelaat om my koderingvaardighede op die proef te stel.”

Op navorsing gegrond

Ons onderneem studies om beter te verstaan hoe om studente bewus te maak van en toegang te gee tot rekenaarwetenskap. Ons werk om te ontdek wat die aanspoorders is wat studente motiveer, en die struikelblokke wat hulle verhinder om rekenaarwetenskap te studeer.

BEKYK NAVORSINGREFERATE

Soek vir Rekenaarwetenskap: Toegang en struikelblokke in Amerikaanse K-12-onderrig

Opname onder superintendente, hoofde, onderwysers, ouers en studente.

Vroue wat rekenaarwetenskap kies – wat regtig saak maak

Belangrikste faktore wat jong vroue motiveer om rekenaarwetenskap te volg.