Google Klaskamer:

Minder papierwerk, meer onderrig

Google Klaskamer is saam met onderwysers en studente ontwerp om die klas maklik bymekaar te bring, hulle vordering dop te hou en saam meer te bereik.

MELD AAN

Wat is Klaskamer?

Google Klaskamer is jou beheerstasie vir die klas. Skep klasse, versprei opdragte, stuur terugvoer, en sien alles op een plek. Kits. Papierloos. Maklik.

Het jy nie 'n Klaskamer-rekening nie? Klik hier

Hoor wat sê onderwysers en studente wat Google Klaskamer gebruik.

Vir onderwysers
begin eenvoud hier.

Computer Image 3 Image 2 Image 1
  • 1
    Skep 'n klas met net 'n paar klikke.
  • 2
    Voeg jou studente by deur vir hulle 'n klaskode te stuur of hulle direk by te voeg. Jy kan ook 'n groep vanaf Google Groups invoer.
  • 3
    Skep jou eerste taak. 'n Kopie daarvan kan aan elke student gestuur word. Jy sal kan sien wie die taak voltooi het en wie nog daaraan werk.

So studente
georganiseerd bly.

Image 1 Image 2 Image 3
  • 1
    Alles op een plek. Sluit met een klik by die klas aan en al die materiaal is byderhand.
  • 2
    Begin 'n gesprek. Kommunikeer privaat met jou onderwyser of vra vrae aan die hele klas. Alles dateer intyds op.
  • 3
    Handig take in. Heg enigiets by jou take aan – Google Dokumente, Drive-lêers of skakels. Jy kan selfs 'n foto neem en dit aan jou taak heg.

Gereed vir aksie?

Onderwysers

As jou skool reeds G Suite for Education het, is jy gereed om te begin. Indien nie, is hier meer inligting om met jou skool te deel.

Administrateurs

Sluit aan by G Suite for Education. Klaskamer is gratis ingesluit by die pakket.

Studente en ouers

Kom meer te wete oor Google for Education-nutsgoed deur in te teken op ons maandelikse nuusbrief wat die jongste produkopdaterings, wenke, inspirerende stories en nog meer bevat.

'n Gesamentlike oplossing vir onderwysers en studente

Klaskamer is deel van G Suite for Education

Spaar jou geld

Google Klaskamer is 'n gratis diens vir onderwysers en studente.

Hou dinge eenvoudig

In net 'n paar minute is Klaskamer opgestel en gereed om te gaan.

Kits-samewerking

Studente en onderwysers kan dadelik gesprekke hê en saam aan opdragte werk.

"Ek is nie seker of ek ooit besef het hoeveel tyd ek spandeer om werk vir studente te fotokopieer nie, om nie van die hoeveelheid papier te praat nie."
Cathy Barton, wiskunde-onderwyser, Fontbonne Hall Academy
"Ek is nie seker of ek ooit besef het hoeveel tyd ek spandeer om werk vir studente te fotokopieer nie, om nie van die hoeveelheid papier te praat nie."
Cathy Barton, wiskunde-onderwyser, Fontbonne Hall Academy
"Deur studente toe te laat om hul werk met Klaskamer in te gee, kan ek op die spoor van my afdelings bly, maklik punte sien, en opdragte merk gedurende enige vrye tyd wat ek het, sonder om stapels papier rond te dra. Klaskamer het hierdie proses so maklik en gerieflik gemaak."
Laura Barton, Wetenskap-onderwyser, Fontbonne Hall Academy
Onderwysers kan in 'n oogwink werk aan hul studente toewys en sodoende studente se leerervaring in die klaskamer maksimeer.
Paul Lepore, Sosiale Studies, Graad 8, Felix Festa Middle School

Hulpbronne om met Klaskamer te begin

VIND MEER UIT
Google Klaskamer-hulpsentrum
HELP CENTER
VRAE
Vra 'n vraag en ons sal jou oplossing vind
PRODUCT FORUMS
HULPBRONNE
Google het 'n reeks hulpbronne beskikbaar
GEVALLESTUDIES
Sien hoe skole soos joune Google gebruik
GEVALLESTUDIES

Klaskamer word beter.

Ons werk voortdurend aan nuwe kenmerke en opdaterings gebaseer op terugvoer wat deur onderwysers en studente ingedien word.

Sien ons Klaskamervennote

Google vir Onderwys-produkte

Dit maak nie saak hoe groot jou instelling of jou begroting is nie.
Google verskaf maklike nutsgoed om studente enige tyd, enige plek en op enige toestel betrokke te maak.

Draai asseblief jou toestel.