St. Columba Anglikaanse Skool gebruik Google Apps vir Onderwys en Google Klaskamer om studente te help om mekaar te leer

Ons is altyd besig om die tirannie van afstand te oorkom en samewerkende tegnologie help ons met die res van die wêreld in aanraking bly.

Matt Richards, direkteur van e-leer- en opvoedkundige tegnologie

Uitdaging

St. Columba Anglikaanse Skool is daarop uit om te bewys dat geografiese afstand nie studente verhoed om leiers te word nie. Nadat die skool 'n "Bring jou eie toestel"-program op die been gebring het, het die IT-personeel 'n maklike en eenvormige manier gesoek om al hulle studente met mekaar in verbinding te bring.

Oplossing

Google Apps vir Onderwys het alle studente en onderwysers in staat gestel om by dieselfde inhoud in te gaan, maak nie saak watter toestel hulle gebruik nie. Google Klaskamer het onderwysers help tyd spaar deur dit makliker te maak om take met Google Apps, soos Dokumente, te skep.