Die Richland School District TWO se 1:1-inisiatief berei leerders voor vir die toekoms

Google het aan ons leerders 'n platform gegee waarop werk gepubliseer kan word en waarmee hulle binne en buite die klaskamer kan kommunikeer. Ons het nog nooit soveel kreatiewe samewerking onder ons leerders gesien nie.

Donna Teuber, tegnologie-integrasiekoördineerder

Uitdaging

Die skooldistrik wou meer persoonlike toestelle in die klaskamer inbring en leerders met tegnologievaardighede toerus. Administrateurs het geweet dat groter toegang tot tegnologie die leerders se betrokkenheid, kreatiwiteit, kritiese denke en probleemoplossingvaardighede sou verhoog. Hulle het die 1:1-rekenaarinisiatief geskep om hierdie visie te vervul. Tydens die ondersoek van verskillende opsies is koste, batterylewe, gemak van gebruik en verskeie ander faktore in ag geneem. Omdat Google Apps for Education reeds regdeur die distrik in gebruik was, was die skool se personeel geïnteresseerd in 'n wolkgebaseerde stelsel wat nie 'n groot infrastruktuur sou vereis nie. Onderwysers was entoesiasties daaroor om onderrig in hul klaskamers te transformeer en om aan leerders 'n meer kreatiewe en samewerkende ervaring te bied.

Oplossing

Vandat die streek Chromebooks begin gebruik het, was daar 'n beduidende skuif na meer samewerkende onderrig. Onderwysers gebruik Google Apps om opdragte met leerders te deel, wat toegang tot inligting moontlik maak op enige tyd en enige plek. Hulle kan ook deurentyd terugvoer en leiding aan leerders gee vir 'n projek, in plaas daarvan om te wag tot die leerders die werk ingehandig het. Leerders geniet dit ook om saam te werk, en het voordeel getrek uit die gebruik van Google Klets en Google Dokumente wanneer hulle nie op dieselfde plek is nie. Oor die algemeen het Chromebooks 'n veel meer spangeoriënteerde leeromgewing gekweek.