Massapequa Public Schools moedig leerders en onderwysers aan om anders te dink oor leer met Google Apps for Education en Chromebooks

Ons sê gereeld vir leerders dat dit nie saak maak waar jy is nie, jy moet by jou take en hulpbronne kan uitkom – of jy nou by die huis is, in die biblioteek, met vakansie of by Starbucks saam met vriende. Chromebooks en Google Apps for Education is bobaas met daardie enige tyd, enige plek leergerief.

Bob Schilling, uitvoerende direkteur vir assessering, leerderdata en tegnologiedienste by Massapequa Public Schools

Uitdaging

Die distrik wou nutsgoed aanneem vir inhoudskepping én met goeie samewerkingfunksies, sodat onderwysers intyds terugvoer kon gee en leerders aan groepprojekte kon werk vanaf verskillende plekke. Leerders en onderwysers het ook gereeld 'n tekort gehad aan bergingspasie, dus het Massapequa Public Schools voorkeur gegee aan 'n oplossing wat onbeperkte berging aanbied.

Oplossing

Massapequa Public Schools het Google Apps for Education in 2012 begin gebruik. Hulle het die pakket geleidelik ontplooi deur met 'n klein groepie tegnologievaardige onderwysers te begin. En nou gebruik al die leerders en personeel Google Apps for Education daagliks. Massapequa Public Schools het Chromebooks gekies vir die bekostigbaarheid, vinnige selflaaityd en gladde integrasie met Google Apps for Education. In 2015 het die skole 3 000 Chromebooks ontplooi. Leerders in die middelbare skool gebruik Chromebooks volgens 'n 1:1-model, en die laerskole en hoërskole het waentjies met 30 toestelle elk. Onderwysers teken die waentjies uit wanneer 'n lesplan die gebruik van Chromebooks benodig.