Die gebruik van tegnologie help onderrig in Roemenië verander

Chromebooks is maklik om te gebruik, het 'n aangename ontwerp, neem minder spasie op en genereer geen onderhoudskoste nie. Die metode – om dokumente te gebruik wat aanlyn geberg word – vergemaklik werk en mobiliteit.

Veronica Apostol, die skool se adjunk-direkteur

Uitdaging

Studente en ouers wou in lyn met die jongste studietendense wees en dit het die bestuur genoop om 30 Chromebooks en 'n interaktiewe bord vir die skool aan te skaf. Die toerusting wat voorheen gebruik is, was verouderd en regtig stadig, en leerlinge het gedurende lesse belangstelling verloor.

Oplossing

Mev. Veronica Apostol glo die gebruik van Chromebooks is die ideale oplossing. "Chromebooks is maklik om te gebruik, het 'n aangename ontwerp, neem minder spasie op en genereer geen onderhoudskoste nie. Die metode – om dokumente te gebruik wat aanlyn geberg word – vergemaklik werk en mobiliteit."