Chromebooks help om die leerervaring vir studente te pasmaak

Die Chromebooks is binne tien sekondes aan die gang en die batterye hou 'n volle skooldag lank.

Rogier de Wit, IKT-spanleier, CSG Jan Arentsz

Uitdaging

Die skool het reeds 'n elektroniese onderrigomgewing met skootrekenaars, tafelrekenaars en rekenaarlokale gebruik, maar veranderende onderrigbehoeftes het die vraag na gepasmaakte digitale onderrigmateriaal, binne en buite die klaskamer, verhoog. "Ons het baie tyd spandeer aan die beplanning en ondersoek van maniere om persoonlike onderrig aan elke student te bied met 'n eie rekenaar tot elkeen se beskikking," sê onderrig- en IKT-koördineerder, Kees Koopman. "Ons het nie van die idee van 'bring jou eie toestel' gehou nie, want dit sou onmoontlik wees om enige onderrig te gee as almal se hardeware en sagteware verskillend was."

Oplossing

Dus het die skool met 'n alternatiewe strategie vorendag gekom: bring jou eie Chromebook. Hierdie liggewig-toestel laai baie vinnig en mors geen waardevolle onderrigtyd nie. Dit is in die vorige akademiese jaar suksesvol in twee klasse geloods en het 'n entoesiastiese reaksie van beide onderwysers en studente ontvang. Na 'n reeks slypskole en aanbiedings het die personeel nie meer gevra hoekom hulle die Chromebook nodig het nie: hulle het met nuwe idees vorendag gekom hoe om dit te gebruik.