Die Universiteit van Georgetown verbind die gemeenskap op kampus en daarbuite

Uitdaging

Georgetown se IT was gefragmenteerd en het 'n opgradering benodig. Studente en personeel het dikwels gevind dat die tegnologie hulle terughou in plaas van om hulle te help. Hulle het verskeie (en verouderde) nutsgoed gebruik vir kalenders, e-pos en lêerberging, wat pogings om vergaderings te skeduleer, inligting te deel en saam te werk gekniehalter het.

"In die verlede het ons al ons hulpbronne gebruik net om seker te maak alles werk, met geen tyd oor om beter funksies te ontwikkel nie. Nou werk alles net!"

Marty Johnson, direkteur van ondernemingsdienste, identiteit en samewerking

Oplossing

Met G Suite for Education kon die universiteit van die verouderde stelsels ontslae raak en so geld en IT-hulpbronne spaar. Georgetown bied nou 'n maklike, eenvormige suite van e-pos-, berging-, kalender-, lêerdeling- en samewerkingnutsgoed. Boonop is lewenslange Google-rekeninge vir alle oudstudente beskikbaar sodat hulle in kontak met die gemeenskap kan bly.

Organisasieprofiel

Die Universiteit van Georgetown in Washington, D.C., is in 1789 gestig en is die oudste Katolieke instituut vir hoëronderwys in die Verenigde State. Die studente en personeel verteenwoordig 'n breë spektrum van agtergrond, geloof en kultuur. Georgetown doen gestand aan sy leuse, "Utraque Unum" ("Beide in Een"), deur studente aan te moedig om leiers te word in diens van ander.

Produkte gebruik

Laai af

Dankie dat jy aangesluit het!

Laat weet ons meer oor jou belangstellings.