Jump to content

Ontdek maklike, betroubare en veilige videokonferensies met Google Vergader

Verbind jou skoolgemeenskap met video vir klasse, oueronderwyservergaderings, professionele ontwikkeling, en meer. Vergader is ingesluit by Google Workspace for Education en integreer probleemvry met ander produkte soos Klaskamer, Skyfies, Dokumente en Gmail.

Twee mense op 'n rusbank wat aan 'n Google Vergader-oproep deelneem.
Maklik om te gebruik

Verbind en werk saam met gebruikervriendelike videokonferensies

All editions

  • Sluit aan by oproepe vanaf enige plek, op enige toestel — klik net en vergader, sonder dat enige inproppe of aflaaie nodig is

  • Ervaar video en oudio van hoë gehalte oor enige bedryfstelsels en toestelle — selfs geoptimeer vir lae bandwydte en donker omstandighede

  • Integreer probleemvry met Klaskamer en ander Google Workspace for Education-produkte om aansluiting en aanbieding maklik te maak

  • Voeg veelvuldige mede-aanbieders by om ander te bemagtig om jou te help om die klas op te stel en dit makliker te laat werk

Betaalde uitgawes

  • Stoor opgeneemde vergaderings direk in Google Drive en deel met studente om hulle te help om op datum te bly met lesse (beskikbaar vir Education Fundamentals-klante tot die einde van 2021).

  • Spoor bywoning na met verslae wat outomaties aan die vergaderingaanbieder gestuur word

  • Wys medevergaderingaanbieders voor elke vergadering aan

'n Google Vergader-oproepskakel in 'n blou pilvorm wat gekoppel is aan 'n driedimensionele blaaiervenster. Blou, rooi, groen en geel reghoeke lê daaroor en elkeen bevat tekenprentkarakters wat 'n Google Vergader-oproep wat aan die gang is verteenwoordig.
'n Sirkel wat met strepies gevorm is. Links bo is daar 'n grysskaal reghoek met 'n tekenprentkarakter met reënjas en hoed wat 'n ongewenste gas verteenwoordig. Regs bo in daardie reghoek is daar 'n sirkel met 'n streep deur wat geweierde toegang verteenwoordig. Regs onder in die hoofsirkel is daar 'n blaaiervenster met tekenprentkarakters in geel, rooi, groen en blou reghoeke met blou regmerkies bo regs van elkeen wat goedgekeurde toegang verteenwoordig.
Bestuur

Bestuur klasse doeltreffend in 'n veiliger leeromgewing

All editions

  • Voorkom dat ongewenste gaste by die vergadering ingaan met veiligheidslotte en outomatiese blokkering van anonieme bywoners

  • Gooi mense uit die vergadering en bestuur versoeke om aan te sluit in grootmaat

  • Beëindig vergaderings vir almal en verhoed dat mense weer by die oproep aansluit sonder dat die aanbieder teenwoordig is

  • Beheer wie die klets- of aanbiedingkenmerke kan gebruik

  • Demp individuele deelnemers of almal op een slag

  • Pas veiligheidsinstellings toe regoor jou domein en kry insigte in hoe mense Vergader by jou skool gebruik met die Adminkonsole

Betaalde uitgawes

  • Admins kan enige vergadering in hul organisasie direk vanaf die ondersoeknutsding beëindig

  • Gebruik Vergader-loglêers in die ondersoeknutsding om sekuriteit- en privaatheidkwessies te identifiseer, te prioritiseer en daarop te reageer

  • Binnekort beskikbaar Gebruik Vergader binne-in Google Dokumente, Blaaie en Skyfies

Betrek

Hou studente betrokke met inklusiewe kenmerke vir onderwys en leer

All editions

  • Sluit tot 100 deelnemers in en sien 'n teëlaansig van tot 49 deelnemers

  • Maak klasse meer inklusief met regstreekse onderskrifte wat beskikbaar is in 'n reeks tale

  • Moedig aktiewe deelname aan met virtuele handopsteek, digitale witborde en invergaderingreaksies

Betaalde uitgawes

  • Verbind met tot 500 deelnemers op een slag en gebruik wegbreekkamers om klasse in kleiner groepe te verdeel

  • Maak klasse en gesprekke meer toeganklik met regstreekse onderskrifte wat intyds in verskillende tale vertaal word

  • binnekort beskikbaar Bied publieke regstreekse stromings aan wat enigiemand buite jou skooldomein kan bywoon – dit maak dit makliker om skoolraadsvergaderings, geleenthede, en meer te hou

  • Binnekort beskikbaar Stroom regstreeks na YouTube en gebruik V&A en meningspeilings tydens geleenthede wat regstreeks gestroom word

  • Binnekort beskikbaar Aktiveer ’n prent-in-prent- Vergader-venster terwyl jy in Chrome deur oortjies blaai

  • Binnekort beskikbaar Transkribeer video-oproepe outomaties en stoor hulle in Google Dokumente

'n Google Vergader-blaaiervenster wat skakel met drie aparte reghoeke in geel, rooi en groen. Elke reghoek vertoon vier tekenprentkarakters in sirkels en 'n vyfde sirkel aan die regterkant met 'n plusteken en getal wat addisionele mense in die Google Vergader-oproep verteenwoordig.
'n Slot binne 'n blou skild. Links van die skild is twaalf sirkels in rooi, blou, groen en geel met 'n tekenprentkarakter in elkeen. Regs van die skild is 'n stroom met lukrake letters en syfers om te wys dat Google Vergader data outomaties enkripteer.
Veilig en betroubaar

Beskerm jou gemeenskap met gevorderde sekuriteit, spoed, skaal en betroubaarheid

  • Verseker video's van hoë gehalte, selfs tydens hoë aanvraag, met 'n infrastruktuur wat dienste vir miljarde gebruikers insluit soos Google Search, YouTube en Gmail

  • Bly veilig met outomaties geënkripteerde data

  • Steun voldoening aan streng opvoedingstandaarde, insluitend COPPA, FERPA en GDPR

  • Vergader is totaal advertensievry en ons deel nooit jou of jou student se persoonlike inligting nie

“Google Vergader is nou ons eerste keuse vir professionele ontwikkeling-aanbiedings vir ons personeel, wat dit vir hulle moontlik maak om professionele ontwikkeling-sessies by te woon vanaf 'n ligging wat vir hulle gemaklik is. Dit is maklik om hierdie sessies in Vergader op te neem sodat onderwysers wat nie die regstreekse sessie kon bywoon nie, steeds toegang tot die inhoud kan hê en daaruit kan leer.”

Megan Swope, Tegnologie-afrigter, Pennsbury School District
Twee mense in 'n kombuis wat vir mekaar glimlag tydens 'n Google Vergader-oproep.

Kry Vergader as deel van Google Workspace for Education

As jy Vergader by die skool gebruik, beveel ons aan dat jy registreer vir Google Workspace for Education. Vergader is reeds by Google Workspace ingesluit en werk sonder probleme saam met nutsgoed soos Klaskamer, Dokumente, Skyfies, Gmail en meer.

Hulpbronne

Verken Vergader-hulpbronne om jou opvoedingbehoeftes te bemagtig

Verbeter onderrig met premium-Vergader-kenmerke

Vergader kan jou bemagtig om onderwys en leer te verryk met gevorderde kenmerke soos wegbreekkamers, rekstreekse stroming, bywoningbespeuring, V&A, meningspeilings, en meer as jy inteken vir die Teaching and Learning Upgrade of Education Plus.

Start using Meet

Verbind jou skoolgemeenskap met klasse, oueronderwyservergaderings, en meer met Vergader — ingesluit by Google Workspace for Education Fundamentals.

'n Hand op 'n tafel wat 'n tablet vashou met 'n Google Vergader-oproep op die skerm.

Verbind enige tyd en vanaf enige plek met die Vergader-program

Sluit hier aan vir opdaterings, insigte, hulpbronne en meer.