Inspireer onderrig met G Suite for Education

'n Pakket produktiwiteitnutsgoed om leerders en personeel te help om moeitevry en veilig tussen toestelle saam te werk.

Kry G Suite for Education

Transformatiewe nutsgoed vir jou skool

classroom Icon forms Icon

Bestuur jou klaskamer met gemak

Skep klasse, deel opdragte uit, hou 'n vasvra en stuur terugvoer, en sien alles op een plek.

admin Icon

Administreer met selfvertroue

Voeg studente by, bestuur toestelle en stel sekuriteit en instellings op sodat jou data veilig bly.

docs Icon sheets Icon slides Icon drive Icon

Werk enige plek saam

Redigeer dokumente, sigblaaie en aanbiedings intyds saam met ander mense.

keep Icon calendar Icon

Bestuur al jou take

Maak tedoenlyste, skep taakonthounotas en skeduleer vergaderings.

gmail Icon hangouts Icon atari Icon

Kommunikeer op jou manier

Bly in kontak met e-pos, kletse en videokonferensies.

Hoekom jy G Suite for Education moet kies

cloud_done

Maklik

Die opstel en bestuur is eenvoudig en hierdie wolkgebaseerde nutsgoed kan maklik oor klaskamers heen skaleer. Die produkte is ook maklik om baas te raak vir onderwysers en leerders en verg min professionele ontwikkeling.

attach_money

Bekostigbaar

G Suite for Education bied 'n gratis pakket nutsgoed vir skole en sluit 24/7-steun in. Topklas-sekuriteit word ook ingesluit sonder enige bykomende koste.

build

Veelsydig

Werk enige plek, enige tyd en op enige toestel met G Suite for Education. Die nutsgoed moedig samewerking, kreatiwiteit en kritiese denke aan, en onderwysers kan een-tot-een of met die hele klas werk.

trending_up

Die impak

Onderwysers kan onmiddelike terugvoer gee en 'n leerder se vordering volg om werkverrigting te verbeter. Nutsgoed soos Google Klaskamer lei ook tot meer beskikbare tyd vir onderwysers om te fokus op wat hulle die beste doen: klasgee.

Sien hoe die produkte werk

Hoëronderwysinstellings en besighede wat reeds G Suite in hul organisasies gebruik

Gereed om te begin?

book

Administrateurs

Sluit aan by G Suite for Education vir jou onderwysers en leerders.

school

Opvoeders

As jou skool reeds G Suite for Education het, is jy gereed. Indien nie, is hier 'n maklike manier vir jou skool om te begin.

Dankie dat jy aangesluit het!

Laat weet ons meer oor jou belangstellings.