Vir kleiner onderriginstellings soos Central Wyoming College (CWC) is die verbetering van die student se ervaring 'n kritieke onderdeel vir die handhawing van studentinskrywings. Studente wil vandag toegang hê tot buigsame nutsgoed om saam met hul klasmaats te werk en om met hul dosente te kommunikeer, en hulle het dit nodig. "Ons moet net soveel dienste aanbied as 'n groter kollege, soos programme wat op mobiele toestelle kan werk," sê John Wood, HIB van Central Wyoming College. "Maar uitgawes moet dieselfde bly. Ons kan nie die grootte van die IT-departement, of van ons begroting, verdubbel nie, dus is die wolkgebaseerde model ideaal."
Wolkgebaseerde nutsgoed kon ook beantwoord aan die unieke uitdagings waar voor 'n gemeenskapskollege in 'n plattelandse omgewing te staan kom, met studente en personeel wat vêr moet reis om by die kampus te kom. Die kollege se 2 000 studente is versprei oor vier kampusse sowel as afgeleë terreine in die wildernis vir die buitelugaktiwiteite-onderrigprogram. "Dit is uiters moeilik vir ons studente om persoonlik bymekaar te kom," sê Wood.
Studente word terselfdertyd aangemoedig om in spanne te werk. "Samewerking onder studente is baie meer algemeen as 'n paar jaar terug," sê Wood. Leerkragte gee werkopdragte aan groepe, nie aan individuele studente nie. Samewerking het ook die norm geword onder personeel en Wood voeg by: "Ek kan nie die laaste keer onthou wat ek alleen aan 'n projek gewerk het nie."