Bemagtig moontlikhede met Google Wolkplatform
Shape what’s next in research and education with the robust capabilities of Google’s Cloud technology.
Breek grense met 'n platform wat geen grense het nie
Google Wolkplatform breek deur kompleksiteit en bied oplossings vir jou berging-, ontleding-, Groot Data-, masjienleer- en programontwikkelingbehoeftes. En met Google se opleiding en hulpbronne kan jy met groter selfvertroue aan die gang kom.
Betroubare sekuriteit volgens skaal
Die vertikaal geïntegreerde sekuriteitmodel, wêreldskaal infrastruktuur, eie netwerk en unieke vermoë om te innoveer, sal help om jou organisasie veilig te hou en nakoming te steun.
Oopbron en oop vir idees
As oopbronsagteware word mede-innovasie, interbedryfbaarheid en draagbaarheid bevorder wat noodsaaklik is vir ontwerpe wat ook in die toekoms moet werk.
Kragtige data en ontledings
Span robuuste wolkkenmerke in groot data- en masjienleer in om gouer antwoorde te kry, beter produkte te bou, en inspirerende programme te bevorder.
'n Innoverende infrastruktuur gebou vir werkverrigting
Google se globale netwerk lewer vinnige, konsekwente en skaleerbare resultate met gebruik van duisende kilometers veseloptiese kabel en gevorderde sagteware-gedefinieerde netwerking.
Werk sonder beperkings met Google Wolkplatform
Van die simulering van die gevolge van klimaatsverandering tot om 'n algoritme op te lei om kankerselle beter op te spoor, tot om programme vinniger as ooit tevore te bou – Google Wolkplatform help om navorsing-, onderrig- en studievelde en nog veel meer te transformeer.
Dryf navorsing aan met groot data en innoverende insigte
Met gevorderde ontledings, masjienleerdienste en API's, word data vinnig en maklik omskep in waardevolle insigte. Van voorspringbare virtuele masjiene wat groot volumes berekeninge kan verwerk tot Cloud ML Engine wat patrone in datastelle kan herken, kan jy jou studie bevorder met die wolk se hulp.
"Jou hele uitkyk op navorsing verander wanneer jy 'n vraag kan stel en 'n antwoord binne ure eerder as maande kan kry."
Andrew V. Sutherland, Berekeningsyferteoretikus en hoofnavorsingwetenskaplike, MIT
Ontwikkel sonder beperkings op hierdie ten volle bestuurde wolkdatasentrum vir ontledings met ingeboude masjienleer.
Bring die krag en buigsaamheid van TensorFlow na die wolk. Gebruik Cloud ML Engine om jou masjienleermodelle op te lei en voorspellings te kry.
Maak gebruik van 'n reeks masjienleerprodukte wat ontwikkelaars met beperkte kundigheid in staat stel om hoëgehaltemodelle op te lei, spesifiek volgens hul behoeftes.
Bou op 'n veilige, skaleerbare en moderne infrastruktuur
Google Wolkplatform se hoëwerkverrigtingwolkberging en -netwerkdienste maak nuwe dinge moontlik. Vra meer vrae, kry gouer antwoorde en werk intyds saam met Cloud Storage, wat gevorderde deelvermoëns en houerbestuur met Kubernetes insluit.
"Vir die eerste keer sal enige wetenskaplike enige plek in die wêreld in staat wees om saam te werk en ontledings te doen met data in 'n 'gemeenskaplike wolk'."
Dr. Stephen Scherer, Ph.D., D.Sc., Direkteur van die MSSNG-program, FRSC
Integreer 'n veilige en duursame objekbergingoplossing in jou programme met gebruik van 'n globale randkasgeheue en 'n enkel, verenigde programmeringkoppelvlak.
Voeg monitering en bestuur by vir dienste, houers, programme en infrastruktuur.
Bou in 'n omgewing wat doeltreffend, skaleerbaar, veilig en werkgereed is vir die ontplooiing van houerprogramme.
Innovate with fast and efficient automation
Definieer, bedryf en skaleer jou programme teen die spoed van die Wolk. Gebruik dienste soos App Engine met skaleerbare agtergrondprogramme en steun vir enige programmeertaal, Cloud Function se gevalgedrewe, bedienerlose berekeninge, en kragtige Wolk-API's. Bly gefokus op die skep van uitsonderlike werk.
"Google Wolkplatform is besig om akademiese navorsing met kunsmatige intelligensie te versnel."
Yoichi Matsuyama, Postdoktorale genoot by die taaltegnologie-instituut
Bou en skaleer programme op 'n ten volle bestuurde platform sonder enige kommer oor die bestuur van die onderliggende infrastruktuur.
Skaleer met hoëwerkverrigting virtuele masjiene wat in Google se innoverende datasentrums en wêreldwye veselnetwerk loop.
Berg en bedien gebruikergegenereerde inhoud, soos foto's en video's, vinnig en maklik.
Kry Google Wolkplatform-onderwysskenkings
Of jou fokus navorsing, onderrig of leer is, jy kan aansoek doen vir gratis krediete vir enige Google Wolkprojek-produk.
Ontdek hoe Google Wolkplatform onderrig en navorsing by universiteite omskep
-
Manhattan College
Google Wolk het Manhattan College gehelp om 'n digitale omskakeling na die wolk te aktiveer en so op 'n meer bekostigbare en effektiewe wyse aan die behoeftes van studente, dosente en IT-administrateurs te voldoen.
-
Northeastern-universiteit
Met Compute Engine en voorspringbare virtuele masjiene kon navorsers by Northeastern meer as 10 miljoen Zika-virussimulasies laat loop om data veel gouer te kon ontleed.
-
San José State-universiteit
SJSU se rekenaarwetenskapdepartement ondersteun onafhanklike studie met onbeperkte programmeringoefeninge wat deur die Wolk aangedryf word vir studente.
-
MIT-universiteit
'n MIT-professor span rekenaarvermoëns tot die uiterste in vir die grootste kluster wat ooit in die publieke wolk gebou is – 300 kernjare se rekenaarwerktyd vir slegs $20 000 (USD).
Begin hier
Kontak 'n spesialis
Wat is jou of jou instelling se behoeftes? Ons verkopespan kan die regte oplossings vir jou projek vind.