Ons belê in projekte en organisasies wat toegang tot onderrig uitbrei

Ons het die afgelope 5 jaar meer as $160 miljoen (USD) toegewys aan filantropiese skenkings om globale onderwysgapings aan te pak, en terselfdertyd Googlers bemagtig om hul tegniese kundigheid as vrywilligers te deel. Ons doelwit is om meer mense te help – veral dié in agtergeblewe gemeenskappe – om voordeel te trek uit die belofte van tegnologie, in die klaskamer en daarbuite.

Werk vir gelyke geleenthede in onderwys, wêreldwyd

Tegnologie kan ryker onderrigomgewings skep en leeruitkomste verbeter, maar nie alle leerders trek gelyke voordeel uit hierdie vooruitgang nie.

Deur Google.org bied ons $50 miljoen (USD) in skenkings ​​aan organisasies om hierdie uitdaging op drie maniere aan te pak: om aan leerders die regte onderrigmateriaal te gee, om aan onderwysers die jongste vaardighede en tegnieke te gee, en om leer buite die klaskamer moontlik te maak.

Besoek Google.org om meer te wete te kom Kyk video
Two educators discuss something in front of a Chromebook.

Steun vir agtergeblewe skole en gemeenskappe

Oorbrugging van die digitale gaping sal meer as toestelle en 'n internetverbinding verg. Ons moet ook onderwysers toerus met die vaardighede, nutsgoed en opleiding wat nodig is om daardie tegnologie effektief in die klaskamer te gebruik.

Dit is hoekom ons die Dynamic Learning Project geloods het – 'n nuwe projek wat deel vorm van ons voortgesette toewyding om te verseker dat die voordele van tegnologie elke klaskamer bereik. As wegspringpunt bied ons 'n skenking van $7 miljoen (USD) waarmee Digital Promise voltydse tegnologie-afrigters by 50 lae-inkomste middelbare skole regoor die VSA kan dra. Hierdie afrigters sal opvoeders in hul gemeenskappe bemagtig om leerders se uitkomste deur tegnologie te verbeter.

Kom meer te wete oor die Dynamic Learning Project

Verander bustyd in studietyd

Terwyl skoolwerk toenemend toegang tot die internet vereis, het miljoene leerders nog steeds nie tuis 'n internetverbinding nie.

Ons werk saam met distrikte regoor die VSA om Rolling Study Halls uit te brei sodat duisende leerders in plattelandse gemeenskappe meer studietyd buite die skool kan benut, deur hul skoolbusse toe te rus met Wi-Fi, toestelle en onderrigsteun aan boord.

Kom meer te wete oor Rolling Study Halls Kyk video
Three students crowded around a mobile device.

Hulp om die volgende generasie toe te rus met toekomsvaardighede

Meer as 65% van studente sal eendag 'n werk doen wat vandag nie eers bestaan nie¹, maar die meeste jongmense is nog nie besig om die probleemoplossingvaardighede of basiese digitale vaardighede te ontwikkel wat hulle voldoende vir daardie toekoms sal voorberei nie.

Ons bied skenkings ​​aan niewinsorganisasies en bou programme om toegang tot rekenaarwetenskaponderrig uit te brei, en ons help om meer vroulike studente en onderverteenwoordigde groepe op te lei in rekenaardenke. Dit is ons doel om elke leerder toe te rus met die aanpasbare vaardighede wat hulle benodig om die toekoms se grootste uitdagings aan te pak.

Kom meer te wete oor ons rw-steun

Dankie dat jy aangesluit het!

Laat weet ons meer oor jou belangstellings.