Word 'n vennoot
Ons vennote is 'n fundamentele deel van Google for Education. Vind uit hoe om Google for Education-oplossings aan skole te lewer, en ontwikkel jou besigheid. Alle Google for Education-vennote moet aansoek doen om aan te sluit by die Google Cloud Vennootvoordeel-program.
Kry vir klante die nutsgoed wat hulle benodig
Om produkte soos Chromebooks, Chrome Education Upgrade en Google Workspace for Education te verkoop, te versprei of te ontplooi, kan jy aansoek doen by die Google Cloud Vennootvoordeel-program en Verkoop kies as jou betrokkenheidbelangstelling.
Binne Vennootvoordeel sal jy dalk ook wil uitstaan bo jou mededingers en jou besigheid onderskei van die res met die benoeming Education-kundigheid en/of -spesialisering.
Deel kennis met klante
Om dienste aan te bied met betrekking tot professionele ontwikkeling, opleiding en konsultering in verband met Chrome for Education of Google Workspace for Education, kan jy aansoek doen by die Google Cloud Vennootvoordeel-program en Diens kies as jou betrokkenheidbelangstelling.
Binne Vennootvoordeel sal jy dalk ook wil uitstaan bo jou mededingers en jou besigheid onderskei van die res met die benoeming Education-kundigheid en/of -spesialisering.
Optimeer en brei ons nutsgoed uit
Ons het miljoene gebruikers wat Google Workspace for Education, Chromebooks, en Google Klaskamer gebruik. Die Google for Education Geïntegreerde Oplossings-inisiatief ondersteun ons vennootstelsel en moedig opvoedingtegnologiemaatskappye aan om aangrensend met ons nutsgoed en toestelle te bou om opvoeders by te staan.
Kom meer te wete oor die voordele daaraan verbonde om saam met ons oplossings te bou en die nodige vereistes voordat jy aansoek doen.
Sien hoe vennote opvoeders bemagtig
CDW-G
"Google is 'n gewaardeerde CDW-G-vennoot in graad R-12 weens hul filosofie om by die klant te begin en dan terug te werk. Met 'n indiepte kennis van die mark ontwerp en pasmaak Google oplossings spesifiek vir studente en onderwysers. Google en CDW-G het saam geweldige geloofwaardigheid opgebou weens ons toegewydheid tot opvoeding."
Joe Simone, administratiewe hoof vir graad R-12-opvoeding
Houghton Mifflin Harcourt
"By Houghton Mifflin Harcourt glo ons in die moontlikhede van 'n onderrigtransformasie wat deur tegnologie aangedryf word. Om dit reg te kry, moet ons toegang tot gehalte-inhoud verskaf, waar en wanneer ook al 'n student wil leer. Deur ons alliansie met Google for Education gebruik ons tegnologie om dinamiese en boeiende inhoud te verskaf met die aanpasbaarheid wat ons klante benodig."
Steve Gilmer, senior visepresident, Global Strategic Alliances
Synnex Corporation
"Google for Education het aan oplossingverskaffers nog 'n moontlike platform gegee om aan die behoeftes van hul opvoedingklante te voldoen. Hulle verkoop nie net tegnologie nie, hulle lewer nutsgoed wat 'n positiewe impak op opvoedinguitkomste het, bou 'n meer samewerkende leeromgewing, en ontwikkel tenologiegebaseerde lewensvaardighede wat nodig is vir studente om buite die klaskamer sukses te behaal."
Eddie Franklin, visepresident, openbare sektor
Datacom
"Deur saam met Google for Education te werk, kon Datacom hul aanbiedinge aan die opvoedingmark diversifiseer, nuwe dienste verskaf, en Google for Education-vennootprogramme en -aansporings gebruik om die tyd en koste om die produk by die mark te kry, te verminder. Met ons addisionele diensaanbiedinge kon ons ons klante hoogs tevrede stel en 'n impak maak op opvoedinguitkomste … vir die klaskamer van die toekoms."
Greg Furlong, Google-projekbestuurder, Australië
Begin hier
Word 'n Google for Education-vennoot
Sluit aan by ons missie om onderwysers te help om studente te inspireer terwyl hulle saam ontdek en leer.
Vennootvoordeel-portaal
Bestaande vennote kan alles vind wat hulle benodig, insluitend inligting oor vereistes en voordele, leiding vir bemarking, verkopemateriaal, opleiding-/demonstrasiemateriaal, en meer.