G Suite vir diverse leerders
Behoeftes en leerstyle wissel van leerder tot leerder. Daarom skep ons Google for Education-produkte met toeganklikheid in gedagte, sodat elke leerder kan leer, geïnspireerd kan wees en hul volle potensiaal kan bereik.
-
Theresa Darroch, visehoof, Upper Grand District
"My graad 5- en 6-leerders kan met behulp van programme self dokumente, skyfie-aanbiedings en video's skep. Hul entoesiasme om verder te kan gaan, is aansteeklik."
Lees gevallestudie -
David Crooks, laerskoolonderwyser, Towerbank Primary School
"Ons is trots daarop om aan ons leerders eienaarskap van hul onderrig te gee en ook hul vaardighede met ander, byvoorbeeld ander leerders of onderwysers, te kan deel."
Lees gevallestudie -
Chad Flexon, Hoof van onderrig, Harrison Township
"Ek dink nie ons het aanvanklik besef watter groot voordeel die toeganklikheidskenmerke in Chromebooks en G Suite vir spesiale onderwys sou wees nie. Nou sien ons hoe voordelig dit is om studente persoonlik verantwoordelik te maak vir hul studies, en om hulle die vryheid te gee om werk te skep."
Lees gevallestudie
Kenmerkbeskikbaarheid deur die hele G Suite for Education
Gmail
Calendar
Drive
Docs
Sheets
Slides
Forms
Sites
Classroom
Hangouts
Groups
Gmail
Stuur en ontvang pos, bestuur kontakte en organiseer jou boodskappe met assisterende tegnologie om meer leerstyle te ondersteun.
Skermleser
Maak kragtige skermleserkenmerke oop in 'n ervaring wat gepasmaak is vir jou unieke behoeftes.
Kortpadsleutels
Skep vinnige en maklike kortpadsleutels volgens jou voorkeure.
Hoë kontras-temas
Maak Gmail makliker om te lees met 'n verskeidenheid Hoë kontras-temas.
Knoppies in jou Gmail-nutsbalk
Reageer maklik op jou e-pos met gepasmaakte knoppies in jou nutsbalk.
Dokumente
Gebruik Dokumente om dokumente te skep, te wysig en saam daaraan te werk met hulpnutsgoed om 'n verskeidenheid behoeftes en leerstyle te ondersteun.
Skermleser
Gebruik Dokumente met versoenbare skermleserprogramme om teks hardop te hoor en dit met gemak te wysig, opmerkings te maak en saam te werk.
Braille-skerm
Gebruik 'n braille-skerm om dokumente te lees en te wysig.
Tik met jou stem
Laat jou stem die skryfwerk doen met hierdie kragtige kenmerk wat by Dokumente ingebou is.
Kortpadsleutels
Stel vinnige kortpaaie op na die bevele wat jy die meeste in Dokumente gebruik.
Programme binne bereik van meer leerders
-
Vorms
Wysig vorms met 'n skermleser en stel vinnige kortpadsleutels op vir groter toeganklikheid.
-
Kalender
Gebruik Kalender met versoenbare skermlesersagteware, maklike kortpadsleutels en outomatiese sinkronisering met Microsoft Outlook.
-
Blaaie
Maak opmerkings, werk saam en wysig sigblaaie met skermlesers, en stel maklike kortpadsleutels op.
-
Sketse
Wysig tekeninge met 'n skermleser en gebruik 'n braille-skerm om teks te lees en in te voer.
-
Hangouts Vergader
Gebruik Hangouts Vergader met skermlesers en intydse onderskrifte. Jy kan ook kortpadsleutels byvoeg vir Hangouts, Hangouts Chrome-uitbreidings en die Hangouts-program.
-
Drive
Laai lêers op, of skep, wysig en deel hulle met Drive op die web. Gebruik toeganklikheidsnutsgoed en aanpassings om Drive ten beste te gebruik vir leerders met uiteenlopende behoeftes.
Sien hoe G Suite meer studente bemagtig om deel te neem en sukses te behaal
Sien alle gevallestudies-
Harrison Township trek voordeel uit toeganklikheidsnutsgoed
Onderwysers gebruik toeganklikheidskenmerke wat op die distrik se Chromebooks beskikbaar is om alle leerders te help.
-
Ontario se Upper Grand District gee gelyke toegang tot onderrignutsgoed met Chromebooks
Teks-na-spraak- en spraak-na-teks-kenmerke het merkbare veranderinge vir die distrik beteken.
-
Die skep van 'n "toeganklikheid vir almal"-kultuur in klaskamers deur tegnologie
Toeganklikheidskenmerke kan die leerervaring vir alle leerders verbeter – sonder om diegene met gestremdhede selfbewus te laat voel.