Die Universiteit van Minnesota ontplooi G Suite – met 'n verwagte jaarlikse besparing van $2-3 miljoen (USD)

Uitdaging

Die IT-personeel was moeg daarvan om verskeie stelsels te bestuur om die Universiteit van Minnesota se studente en personeel gekonnekteer te hou. Hulle het 'n samehangende stelsel benodig wat oor verskeie platforms kon werk en omvattende bystand kon verskaf.

"Met G Suite het ons die breinkrag en insig van Google en die hele G Suite-gemeenskap om ons te help om ons kommunikasie- en samewerkingoplossings gereeld op te dateer – en ons hoef niks ekstra vir hierdie innovasie te betaal nie."

Bernard Gulachek, Senior tegnologiedirekteur, University of Minnesota

Oplossing

Die G Suite-gebruik op grondvlak, onder studente en akademiese personeel, by die universiteit het tot 'n gebruikerbasis van 3 000 gegroei, wat die draaipunt vir die IT-personeel was. Eerder as om iets anders op die studente af te dwing, het hulle van die hele klomp ander dienste oorgeskakel na die volhoubare, geïntegreerde boodskapdiens en samewerkingoplossing van Google. Akademiese en administratiewe personeel het vervolgens na Google for Education begin migreer, en benewens Gmail gebruik hulle Google Sites om navorsingmateriaal van die web in te samel en te deel, Google Kalender vir beplanning binne groepe, Google Talk vir kitsboodskappe en Google Dokumente vir dokumentsamewerking – alles in 'n enkele, samehangende oplossing geïntegreer.

Organisasieprofiel

Die Universiteit van Minnesota (U of M) is in 1851 gestig en is 'n openbare navorsinguniversiteit met twee vlagskipkampusse, in Minneapolis en St Paul, en vier ander kampusse in die staat. Met meer as 67 000 studente, 17 500 personeellede en dosente en ongeveer 400 000 alumni, het die U of M die vierde grootste hoofkampusstudenteliggaam in die Verenigde State.

Produkte gebruik

Laai af

Dankie dat jy aangesluit het!

Laat weet ons meer oor jou belangstellings.