Die Huntsville Independent School District help om die digitale gaping te oorbrug met Google for Education

Agtergrond

Huntsville Independent School District (HISD) is 'n openbare skooldistrik in Huntsville, Texas, wat 6 300 leerders, van 3 tot 18 jaar oud, oor 9 kampusse bedien. Die distrik fokus op 'n breë onderrigervaring, insluitend toegang tot beroepsonderrig, om die sukses van leerders in die toekoms te verseker. HISD is veral daartoe verbind om wonderlike geleenthede en toegang tot aanlyn onderrighulpbronne te verskaf en so die digitale gaping te oorbrug onder 'n leerdergroep waarvan 70% vir gratis of goedkoper skooletes kwalifiseer.

"Daar is nou gereeld geleenthede waar ek my lesplanne kan aanpas deur bykomende aktiwiteite of gedeelde leerervarings te gebruik om 'n spesifieke groep, of individuele leerders, te help om 'n onderwerp verder te ontgin. Hierdie aanpasbaarheid is moontlik as gevolg van Chromebooks."

Charly Baker, Wiskundeonderwyser in die middelbare skool, Huntsville Independent School District

Uitdaging

HISD wou die manier waarop onderrig aangebied word verander en tegnologie effektief gebruik om leerderbetrokkenheid en -vordering te verbeter. Die distrik het nie vir al sy skole en leerders toegang gehad tot aanlyn opvoedkundige hulpbronne nie. Wanneer onderwysers tegnologie in lesse wou gebruiik, moes hulle eers tyd in die laboratorium skeduleer, waar daar \ altyd 'n waglys was. As 'n wegspringpunt het HISD grootliks in 'n Wi-Fi-infrastruktuur belê, wat die grondslag was vir die gebruik van aanlyn opvoedkundige hulpbronne in die klaskamer.

Die koste van hardeware was ook 'n groot probleem. Die distrik se IT-span het gesukkel om 'n Exchange-e-posbediener te bestuur met aanhoudende probleme en virusse. En boonop het hierdie onderhoud fondse gebruik wat andersins aangewend kon word om nuwe toestelle vir leerders te koop.

Amy Mayer, direkteur van personeelontwikkeling en distrikinisiatiewe vir HISD, verduidelik, "Ons het dringend 'n koste-effektiewe, lae-onderhoudbenadering benodig om tegnologie daagliks te gebruik."

Oplossing

Die maklike toegang tot aanlyn hulpbronne, bekostigbaarheid en duursaamheid het Chromebooks die perfekte opsie vir HISD gemaak; wat 350 Chromebooks in die middelbare- en hoërskool in 2012 ontplooi het. Chromebooks, Google se Chrome-bedryfstelsel wat op skootrekenaars loop, is vinnige, veilige drabare toestelle waarmee leerders maklik aanlyn kan kom, opvoedkundige hulpbronne kan vind en saam kan werk en leer.

Die distrik het ook aangesluit by G Suite for Education, 'n webgebaseerde pakket produktiwiteitnutsgoed met e-pos-, kalender- en dokumentskepping, en gratis aan skole. Die duur Exchange-e-posbediener met sy hoë onderhoud was dus nie meer nodig nie en tyd en hulpbronne kon elders aangewend word.

"Die gerief van 'n toestel waar alles aanlyn gestoor word en wat blitsvinning selflaai, beteken dat onderwysers dit enige tyd in die klas kan gebruik wanneer hulle voel dit kan help. As mens al die sagtewarelisensies, belegging in bedieners en deurlopende onderhoudkoste van die bestuur van algemene skootrekenaars in gedagte hou, is mens verstom oor hoe koste-effektief en prakties Chromebooks is," voeg Mayer by.

Voordele

Huntsville het nou meer as 800 Chromebooks en koop steeds meer aan. Die bekendstelling aan personeel en leerders was moeitevry en reg van die begin af maklik om te bestuur, want Chromebooks neem slegs 'n paar sekondes om te selflaai en bied maklike toegang tot G Suite en aanlyn hulpbronne.

"Die impak van Chromebooks in ons klaskamers en in die breër onderwyser-/ouergemeenskap was ongelooflik. Ons het ouers gehad wat letterlik in trane uitbars van dankbaarheid dat hulle kinders se skool iets kan verskaf wat moontlik lewens kan verander wat hulle nie kon bekostig om self te koop nie – die toegang tot aanlyn onderrighulpbronne in die skool en by die huis."

Amy Mayer, Direkteur van personeelontwikkeling en distrikinisiatiewe, Huntsville Independent School District

Leerdergedrewe onderrig

Die vermoë om aanlyn hulpbronne te gebruik het onderrig ook meer leerdergerig en leerdergedrewe gemaak. Waar leerders voorheen op onderwysers moes staatmaak vir antwoorde en inligting, kan hulle nou onderwerpe self navors. Wanneer hulle wel onderwysers nader is dit nie meer vir feitgebaseerde antwoorde nie, maar eerder vir in-diepte, kreatiewe vrae. As gevolg daarvan is die inhoud wat leerders teruggee meer substansieel.

Een voorbeeld was 'n projek oor die "Krag vir kos" waarvoor leerders vir 7 dae 'n kosdagboek moes hou om te verstaan wat hul voedingsinname was. Brenda Schultz, die graad 7-wiskundeonderwyser, verduidelik: "Dit was regtig interessant om te sien hoe betrokke die kinders by hierdie projek was. Op papier sou dit net nog 'n tabel of 'n paragraaf uit 'n boek wees, maar met Chromebooks en G Suite het leerders ryker projekte ontwikkel, met gedetailleerde navorsing en aanvullende prente en video-inhoud."

Meer hulpbronne vir onderwysers

Chromebooks gee ook aan onderwysers meer buigsaamheid in lesvoorbereiding. Charly Baker, 'n wiskundeonderwyser vir die middelbare skool, verduidelik, "Chromebooks het my uitgedaag om wyer te dink ten opsigte van klasgee. Daar is nou gereeld geleenthede waar ek my lesplanne kan aanpas deur bykomende aktiwiteite of gedeelde leerervarings te gebruik om 'n spesifieke groep of individuele leerders te help om 'n onderwerp verder te ontgin. Hierdie aanpasbaarheid is moontlik as gevolg van Chromebooks."

Beter toegang tot leer – enige tyd, enige plek

Leerders kon ook Chromebooks huis toe neem en vir sommige van hulle was dit die eerste keer dat hulle buite die klaskamer toegang gehad het tot sulke tegnologie en leerhulpbronne. Met Google Dokumente kan leerders vanaf enige plek by al hul dokumente ingaan wat hulle in die klas geskep het, en verder daaraan werk by die huis. Hierdie maklike toegang maak 'n groot verskil vir leerders wat die voltooiing van studies moet balanseer met 'n deeltydse werk om gesinne te help met finansiële verpligtinge. Susan Cason, wiskundeonderwyser by die hoërskool, het vertel: "Een van my leerders het 'n deeltydse werk om sy gesin te help om rekeninge te betaal. Sy punte het daaronder gely want hy moes na skool werk. Met 'n Chromebook kon hy al sy skoolwerk gedurende die skooldag voltooi deur meer produktief te werk, of hy kon tuis na sy werksure voortgaan. Hy kon ook sy leerproses aanvul met aanlyn video's. En die resultaat is dat sy punte verbeter."

Organisasieprofiel

Huntsville Independent School District (HISD) is 'n openbare skooldistrik in Huntsville, Texas, wat 6 300 leerders, van 3 tot 18 jaar oud, oor 9 kampusse bedien. Die distrik fokus op 'n breë onderrigervaring, insluitend toegang tot beroepsonderrig, om die sukses van leerders in die toekoms te verseker. HISD is veral daartoe verbind om wonderlike geleenthede en toegang tot aanlyn onderrighulpbronne te verskaf en so die digitale gaping te oorbrug onder 'n leerdergroep waarvan 70% vir gratis of goedkoper skooletes kwalifiseer.

Produkte gebruik

Laai af

Dankie dat jy aangesluit het!

Laat weet ons meer oor jou belangstellings.