Die innoverende Clarkstown Central School District help Google om sy nuutste produk, Klaskamer, te skep

Uitdaging

Om met lastige en duur programme en toerusting te werk, was een te veel vir die opvoeders van die Clarkstown Central School District. Die onderrigtegnologiespan en hulle kollegas het 'n eenvoudige en gebruikervriendelike oplossing vir hul klaskamerbestuur gesoek.

"Onderwysers kan in 'n oogwink werk aan hulle leerders toewys en sodoende leerders se leerervaring in die klaskamer maksimeer."

Paul Lepore, Graad 8 Sosiale Studie, Felix Festa Middle School

Oplossing

Nadat hulle Google Klaskamer vir 'n paar maande gebruik het, het die opvoeders en die IT-span twee hoofvoordele uitgelig: verhoogde leerderbetrokkenheid en beter organisasie in die klaskamer. Google Klaskamer het leerders se take georganiseerd gehou en essensiële samewerkingsnutsgoed en -programme gebied wat maklik was om te gebruik en te versprei.

Organisasieprofiel

Die Clarkstown Central School District (CCSD) bedien ongeveer 8 600 leerders in die suide van New York. Clarkstown is trots daarop om 'n kleinskoolkultuur, gemeenskapbetrokkenheid en 'n fokus op die individu te kweek. Die distrik het tien laerskole, een middelbare skool, twee hoërskole en een alternatiewe onderwyssentrum vir graad R tot 12. Die distrik bied innoverende programme aan sy leerders deur webgebaseerde tegnologie en was een van die eerste instellings wat G Suite for Education, asook baie ander innoverende nutsgoed, aangeneem het. Selfs wanneer die begroting knap is, vind die distrik 'n manier om die regte nutsgoed by sy personeel en leerders te kry.

Produkte gebruik

Laai af

Dankie dat jy aangesluit het!

Laat weet ons meer oor jou belangstellings.