Privaatheid en sekuriteit

Ons voorsien opvoeders van kragtige oplossings wat bekostigbaar en gebruikervriendelik is. Ons weet dat vertroue gewen word deur die beskerming van onderwysers en leerders se privaatheid en die verskaffing van die beste sekuriteitmaatreëls. Dit verduidelik ons toewyding tot privaatheid en sekuriteit in eenvoudige taal.

school

Inleiding tot privaatheid en sekuriteit

Hoekom is Google geïnteresseerd in onderwys? Wat is ons filosofie oor sekuriteit? Luister na die antwoorde op hierdie gereelde vrae.

verified_user

Datasekuriteit en -eienaarskap

Hoe hou Google data veilig? Wie besit skool- of leerderdata? Luister na die antwoorde op hierdie gereelde vrae.

tv_off

Geen advertensies nie

Is daar advertensies in G Suite for Education? Watter tipe skandering en indeksering van data word gedoen? Luister na die antwoorde op hierdie gereelde vrae.

how_to_reg

Nakoming en sertifiserings

Kan G Suite for Education gebruik word in ooreenstemming met die VSA se wetgewing ten opsigte van kinders se aanlynprivaatheidbeskerming (COPPA) en ten opsigte van gesinne se opvoedkundige regte en privaatheid (FERPA)? Het Google die Student Privacy Pledge onderteken? Luister na die antwoorde op hierdie gereelde vrae.

gavel

Privaatheidkennisgewing en kontraktuele verpligtinge

Wat is die G Suite for Education-privaatheidkennisgewing? Hoe kan jy meer te wete kom oor kontraktuele verpligtinge? Luister na die antwoorde op hierdie gereelde vrae.

G Suite for Education

Lees PDF-oorsig
Vou alles uit Vou alles in
  • Wat is G Suite for Education-kerndienste?

    Die kerndienste van G Suite for Education (voorheen Google Apps for Education) vorm die hart van Google se onderwysaanbieding aan skole. Die kerndienste is Gmail (insluitend Inbox by Gmail), Kalender, Klaskamer, Kontakte, Drive, Dokumente, Vorms, Groepe, Blaaie, Sites, Skyfies, Talk/Hangouts en Vault. Hierdie dienste word verskaf onder die G Suite-ooreenkoms.

    Skole kan G Suite-kerndienste gebruik in ooreenstemming met COPPA en FERPA. G Suite-kerndienste bevat geen advertensies nie en gebruik nie inligting van daardie dienste vir advertensiedoeleindes nie.

    Meer as 50 miljoen leerders, onderwysers en administrateurs in bykans elke land in die wêreld maak staat op G Suite om te leer en saam te werk. Ons is daartoe verbind om die privaatheid en sekuriteit van al ons gebruikers te beskerm, insluitend leerders.

    Neem asseblief kennis dat daar bykomende dienste buite die G Suite-kerndienste is waartoe G Suite-gebruikers toegang het. Hierdie dienste word nie deur die Student Privacy Pledge of die G Suite-ooreenkoms gereguleer nie, gevolglik kan ons inligting van hierdie dienste gebruik op maniere wat ons nie sal doen vir G Suite-kerndienste nie. Bykomende dienste kan byvoorbeeld advertensies bedien en Google kan inligting in hierdie bykomende dienste gebruik om hulle te verbeter. Vir G Suite-gebruikers in laer- en hoërskole, gebruik Google nie enige persoonlike inligting (of enige inligting geassosieer met 'n Google-rekening) om advertensies te teiken nie. Hersien asseblief die G Suite-privaatheidkennisgewing, Google se diensbepalings en Google se privaatheidsbeleid. Kom hieronder meer te wete oor die verskille tussen kerndienste en bykomende dienste.

    Kom meer te wete oor G Suite-kerndienste en bykomende dienste
    Lees ons G Suite-privaatheidkennisgewing
    Lees ons G Suite-ooreenkoms (Google se kontrak met skole wat G Suite-kerndienste dek)
  • Besit Google skool- of leerderdata?

    Nee. Google aanvaar nie eienaarskap van enige kliëntdata in G Suite- kerndienste nie, en dit word so gestel in ons kontrakte (onder "Intellektuele Eiendom").

    Ons verskaf kragtige, gebruikervriendelike bestuurnutsgoed en -kontroleskerms om administrateurs te help om tred te hou met hul organisasie se dienste, gebruik en data. Ons hou jou persoonlike inligting slegs vir so lank as wat jy wil hê ons moet dit hou. Indien 'n onderwysdepartement, skool of universiteit besluit om op te hou om Google te gebruik, maak ons dit vir hulle maklik om hul data saam met hulle te neem.

    Vind uit hoe om data uit Google te verwyder
    Lees die kontrak (afdeling oor "intellektuele eiendom")
  • Verkoop Google skool- of leerderdata aan derde partye?

    Nee. Ons verkoop nie jou G Suite-data aan derde partye nie, en ons deel nie persoonlike inligting wat in ons stelsels geplaas is, met derde partye nie, behalwe in die paar uitsonderlike omstandighede soos omskryf in die G Suite-ooreenkoms en ons privaatheidsbeleid, soos wanneer jy vra dat ons dit deel of wanneer ons deur wetgewing verplig word om dit te doen.

    Meer oor inligtingdeling
  • Is daar advertensies in G Suite?

    Nee. Daar is geen advertensies in die G Suite-kerndienstepakket nie. Buite G Suite-kerndienste kan die bykomende Google-dienste advertensies wys, soos omskryf in die G Suite-privaatheidkennisgewing. Vir G Suite-gebruikers in laer- en hoërskole sal Google geen persoonlike inligting (of enige inligting wat met 'n Google-rekening geassosieer word) gebruik om advertensies te teiken nie.

    Lees ons G Suite-ooreenkoms (Google se kontrak met skole wat G Suite-kerndienste dek)
    Lees ons G Suite-privaatheidkennisgewing
    Meer oor privaatheid
  • Hoe hou Google data veilig?

    Ons is ten volle verbind tot die sekuriteit en privaatheid van jou data en om jou en jou skool te beskerm teen pogings om dit te bedreig. Ons stelsels is van die veiligste in die bedryf en ons bied sterk weerstand teen enige onwettige pogings om toegang tot ons kliënte se data te verkry.

    Google se datasentrums gebruik gepasmaakte hardeware en bedryf 'n bedryfstelsel en lêerstelsel wat doelmatig verhard is. Elk van hierdie stelsels is geoptimeer vir sekuriteit en werkverrigting. Aangesien Google die hele hardewarestapel beheer, kan ons vinnig reageer op enige dreigemente of swakplekke wat dalk voorkom.

    Google enkripteer Gmail- (insluitend aanhegsels) en Drive-data terwyl dit beweeg. Dit verseker dat jou boodskappe nie net veilig is as hulle tussen jou en Google se bedieners beweeg nie, maar ook as hulle tussen Google se datasentrums beweeg.

    Meer oor sekuriteit
  • Hoe verseker Google dat sy nutsgoed betroubaar is?

    Ons bewese infrastruktuur hanteer elke maand meer as 100 miljard soeknavrae en verskaf dienste soos Gmail aan honderde miljoene gebruikers, met 99,978%-beskikbaarheid en geen geskeduleerde aftyd nie. Ons het meer as 450 voltydse ingenieurs, die wêreld se beste deskundiges in sekuriteit, wat werk om jou inligting te beskerm.

    Meer oor betroubaarheid
  • Watter derde partye het Google se sekuriteitpraktyke nagegaan?

    Ons werk saam met onafhanklike ouditeure om ons databeskermingpraktyke na te gaan. Ernst & Young, 'n onafhanklike ouditeursfirma, het bevestig dat ons praktyke en kontraktuele verpligtinge vir G Suite voldoen aan ISO/IEC 27018:2014. G Suite en ons datasentrums is ook geouditeer vir SSAE 16 / ISAE 3402 Type II SOC 2 en het ISO 27001-sertifisering verkry.

    Meer oor nakoming
    Sien ons sekuriteitouditsertifisering
  • Hoe weet ek dat ander kliënte wat dieselfde bedieners deel, nie toegang tot my data het nie?

    Jou data word logies beskerm asof dit op 'n eie bediener is. Ongemagtigde partye het nie toegang tot jou data nie. Ander kliënte het nie toegang tot jou data nie en jy het nie toegang tot hulle data nie. Trouens, alle gebruikerrekeninge word beskerm deur hierdie veilige argitektuur wat verseker dat een gebruiker nie 'n ander gebruiker se data kan sien nie. Dit is soortgelyk aan hoe kliëntdata gesegmenteer word in ander gedeelde infrastrukture, soos aanlynbankdiensaansoeke.

  • Hoe weet jy ons hou by ons woord?

    Ons maak kontraktuele verbintenisse in ons G Suite-ooreenkoms en verbind ons hier om aan privaatheid- en sekuriteitstandaarde te voldoen. En of dit intydse kontroleskerms is om stelselwerkverrigting te verifieer, of deurlopende ouditering van ons prosesse, of die deel van ons datasentrums se ligging, ons is daartoe verbind om aan al ons gebruikers volle deursigtigheid te bied. Dit is jou data en ons wil hê jy moet altyd weet wat daarmee gebeur sodat jy altyd ingeligte besluite kan neem.

    Meer oor deursigtigheid
  • Het Google die Student Privacy Pledge onderteken?

    Ja. Om die verpligtinge wat ons met skole aangegaan het te herbevestig, het Google die Student Privacy Pledge onderteken. Hierdie belofte, wat deur die Future of Privacy Forum (FPF) en The Software & Information Industry Association (SIIA) ingestel is, het die bedoeling om weer te gee dat ons daartoe verbind is om leerders se persoonlike inligting te beveilig in ons dienste wat vir skoolgebruik ontwerp is.

    Lees die Student Privacy Pledge
  • Enkripteer Google my data?

    Ja. Data word op verskeie vlakke geënkripteer. Google forseer HTTPS (Hypertext Transfer Protocol Secure) vir alle uitsendings tussen gebruikers en G Suite-dienste en gebruik perfekte vorentoegeheimhouding (PFS) vir al sy dienste. Google enkripteer ook boodskapsendings met ander e-posbedieners met gebruik van 256-bis-Transport Layer Security (TLS) en gebruik 2048 RSA-enkripsiesleutels vir die validering- en sleutelruil-fases. Dit beskerm boodskapkommunikasie wanneer gebruikers e-posse stuur en ontvang met eksterne partye wat ook TLS gebruik.

  • Hoe samel Google-dienste inligting in en hoe word dit gebruik met G Suite for Education-rekeninge?

    Die G Suite for Education-privaatheidkennisgewing kan skole, leerders en ouers help om te verstaan watter inligting Google-dienste insamel wanneer dit gebruik word met G Suite for Education-rekeninge en wat met daardie inligting gedoen word.

    Lees ons G Suite-privaatheidkennisgewing
  • Watter soort skandering of indeksering van gebruikerdata word op G Suite for Education-rekeninge uitgevoer?

    G Suite- dienste samel nie inligting in en gebruik nie inligting in daardie dienste vir advertensiedoeleindes of om advertensieprofiele te skep nie.

    Gmail vir verbruikers en G Suite-gebruikers loop op dieselfde infrastruktuur, wat dit vir ons moontlik maak om hoë werkverrigting, betroubaarheid en sekuriteit aan al ons gebruikers te bied. G Suite is egter 'n afsonderlike aanbod wat bykomende sekuriteit, administratiewe en argivering-kontroles verskaf aan onderwys-, besigheid- en regeringgebruikers.

    Net soos baie ander e-posdiensverskaffers doen ons skandering in Gmail om ons kliënte veilig te hou en om hul produkervaring te verbeter. In Gmail for G Suite sluit dit virus- en strooiposbeskerming, speltoets, relevante soekresultate en funksies soos prioriteitinkassie en outobespeuring van kalendergeleenthede in. Skandering om produkfunksies te kan voorsien, word op alle inkomende e-posse gedoen en is 100% geoutomatiseer. Ons skandeer GEENSINS G Suite-e-posse vir advertensiedoeleindes nie.

    Lees ons G Suite-privaatheidkennisgewing
  • Kan G Suite for Education gebruik word in ooreenstemming met die VSA se wetgewing ten opsigte van gesinne se opvoedkundige regte en privaatheid, die Family Educational Rights and Privacy Act (FERPA)?

    Ja. G Suite- kerndienste voldoen aan die Family Educational Rights and Privacy Act (FERPA) en ons verbintenis om daaraan te voldoen is by ons ooreenkomste ingesluit.

    Kom meer te wete oor FERPA
  • Met veranderinge rondom die VSA-EU Safe Harbor-ooreenkoms in gedagte, watter opsies bied G Suite for Education vir die nakoming van die EU-databeskermingriglyne se vereistes?

    Skole kan ons dataverwerkingwysiging en modelkontrakklousules aanvaar. Dit is bykomende maniere om die toereikendheid- en sekuriteitvereistes van die EU-databeskermingriglyne na te kom. Modelkontrakklousules is spesifiek deur die Europese Kommissie geskep om die oordrag van persoonlike data vanaf Europa toe te laat.

    Indien jy dit nog nie gedoen het nie, wil ons graag ons G Suite-kliënte daaraan herinner om dit te oorweeg om die dataverwerkingwysiging en modelkontrakklousules te aanvaar.

    Sien instruksies om intekening te aanvaar
    Meer oor modelkontrakklousules
  • Kan G Suite for Education gebruik word in ooreenstemming met die VSA se wetgewing ten opsigte van kinders se aanlynprivaatheidbeskerming, die Children's Online Privacy Protection Act van 1998 (COPPA)?

    Ja. Ons kontrak vereis dat skole wat G Suite gebruik, toestemming van ouers kry soos vereis word deur COPPA. Ons dienste kan in ooreenstemming met COPPA gebruik word, mits die skool toestemming van die ouers het.

    Lees COPPA
    Lees ons hulpsentrumartikel "toestemming vir G Suite"

Chromebooks for Education

Lees PDF-oorsig
Vou alles uit Vou alles in
  • Wie gebruik Chromebooks for Education?

    Miljoene leerders gebruik Chromebooks om mee te leer. Privaatheid- en sekuriteitkenmerke het daartoe bygedra dat Chromebooks oor die afgelope twee jaar die beste verkoper aan graad R tot 12-skole in die VSA was. Administrateurs kan instellings bestuur om aan leerders so veel of so min toegang te gee as wat die skool goeddink.

    Alhoewel Chromebooks nie 'n kerndiens is nie, verseker ons dat hulle voldoen aan die Student Privacy Pledge sodat skole die toestelle kan gebruik in ooreenstemming met COPPA en FERPA. Ons verseker spesifiek dat geen data wat in 'n Chromebook ingevoer word, gebruik word om advertensies na leerders te lei nie. Kom hieronder meer te wete.

  • Is Chromebooks veilig vir my leerders?

    Ja. Chromebooks is ontwerp met verskeie sekuriteitlae om hulle teen virusse en wanware te beskerm, sonder enige bykomende sekuriteitsagteware. 'n Volle 10% van selflaaityd word gewy aan verifikasie dat daar nie met die toestel gepeuter is nie, dus word jou sekuriteit nagegaan elke keer wat jy 'n Chromebook aanskakel. En omdat hulle vanaf die web bestuur kan word, maak Chromebooks dit vir skooladministrateurs maklik om beleide en instellings op te stel, soos om veilige blaai moontlik te maak of kwaadwillige webwerwe te blokkeer.

    Meer oor Chromebook-sekuriteit
    Meer oor Chromebook-privaatheid
    Lees die Chrome-privaatheidwitskrif
  • Is Chromebooks versoenbaar met aanlyn toetsing?

    Chromebooks is 'n veilige platform vir leerderassessering en as dit korrek opgestel is, kan hierdie toestelle aan graad R- tot 12-opvoedingtoetsstandaarde in die VSA voldoen. Met Chromebooks kan jy tydens 'n eksamen leerders se toegang tot die internet deaktiveer. Jy kan ook eksterne berging, skermkiekies en die vermoë om drukwerk te doen, deaktiveer. Beide PARCC (sien TestNav) en die Smarter Balanced Assessment-konsortiums het bevestig dat Chromebooks voldoen aan die hardware- en bedryfstelsel-behoeftes vir 'n aanlyn student.

    Stel Chromebooks op vir toetsing
  • Hoe word data gebruik en beskerm vir leerders wat Chromebooks for Education gebruik?

    Met Chrome-sinkronisering kan Google-rekeninghouers by enige Chromebook of Chrome-blaaier aanmeld en al hul programme, uitbreidings, boekmerke en webbladsye wat gereeld besoek is, vind. Leerders kan dus onmiddellik aan die werk spring. Dit is een van die redes hoekom Chromebooks so gewild is in klaskamers en veral in skole wat nie 'n afsonderlike toestel vir elke leerder kan bekostig nie. Met Chromebooks en Chrome-sinkronisering kan leerders 'n gepersonaliseerde ervaring hê op enige toestel wat hulle met klasmaats deel.

    Persoonlik identifiseerbare Chrome-sinkronisering-data in G Suite-rekeninge word slegs gebruik om funksies in Chrome vir daardie persoon aan te dryf. Leerders het byvoorbeeld regoor alle toestelle veilige toegang tot hul eie blaaierdata en -instellings. Daarbenewens maak ons stelsel ook data van miljoene gebruikers van Chrome-sinkronisering bymekaar, en nadat alle inligting oor individuele gebruikers heeltemal verwyder is, gebruik ons hierdie data om ons totale dienslewering te verbeter. As data byvoorbeeld wys dat miljoene mense 'n webbladsy besoek wat gebreek is, sal daardie webbladsy na onder in die soekresultate geskuif word. Dit is nie aan enige spesifieke persoon gekoppel nie en dit word ook nie gebruik om leerders se optrede te analiseer nie. Indien administrateurs verkies, kan hulle Chrome-sinkronisering deaktiveer en gebruikers kan kies watter inligting om te sinkroniseer. G Suite-gebruikers se Chrome-sinkronisering-data word nie gebruik om advertensies op individuele leerders te mik nie.

    Kom meer te wete oor Chrome-sinkronisering
    Vind uit hoe om Chrome-toestelle te bestuur
    Sien hoe om jou gesinkroniseerde data te enkripteer

Meer inligting

Vou alles uit Vou alles in

Bykomende dienste

Skole kan bepaal of leerders of onderwysers bykomende Google-verbruikersdienste met hul G Suite-rekeninge kan gebruik. Ons is daartoe verbind om te verseker dat graad R- tot 12-leerders se persoonlike inligting nie gebruik word om advertensies te teiken in hierdie dienste nie, en in sommige gevalle wys ons geensins enige advertensies nie.

Die meeste bykomende dienste word gereguleer deur Google se diensbepalings en privaatheidsbeleid, en sommige dienste kan ook 'n diens-spesifieke-beleid hê.

Ons maak dit vir skoolleiers moontlik om te besluit om hierdie dienste vir sekere groepe onderwysers of leerders aan of af te skakel. Elke organisasie en gemeenskap is anders en daarom gee ons die mag aan skole om nutsgoed op te stel soos hulle wil om aan die unieke behoeftes van leerders en opvoeders te voldoen.

Kom meer te wete oor G Suite-kerndienste en bykomende dienste

PDF-oorsigte: aflaai en deel

laptop_chromebook

Chromebooks

apps

G Suite for Education

Dankie dat jy aangesluit het!

Laat weet ons meer oor jou belangstellings.