Jump to content

Hulp om onderrig vir almal uit te brei

Ons glo dat almal – opvoeders en leerders van alle ouderdomme en vlakke – die nutsgoed en vaardighede verdien wat hulle sal voorberei vir sukses in die strewe na 'n toekoms wat hulle graag wil hê.

Ons belê in projekte en organisasies wat toegang tot onderrig uitbrei

Deur Google.org het ons sedert 2005 meer as $250 miljoen (USD) toegewys om globale onderwysgapings aan te pak, en terselfdertyd Googlers bemagtig om hul tegniese kundigheid as vrywilligers te deel. Ons doelwit is om meer mense te help – veral dié in agtergeblewe gemeenskappe – om voordeel te trek uit die belofte van tegnologie, in die klaskamer en daarbuite.

Twee meisies in skooldrag glimlag saam oor iets wat hulle op 'n tablettoestel bekyk
'n Leerder, wat 'n bril dra, bekyk aandagtig iets op sy Chromebook-toestel tydens 'n pendelrit in die skoolbus

Verander bustyd in studietyd

Terwyl skoolwerk toenemend toegang tot die internet vereis, het miljoene leerders nog steeds nie tuis 'n internetverbinding nie.

Ons werk saam met distrikte regoor die VSA om Rolling Study Halls uit te brei sodat duisende leerders in plattelandse gemeenskappe meer studietyd buite die skool kan benut, deur hul skoolbusse toe te rus met Wi-Fi, toestelle en onderrigsteun aan boord.

Hulp om die volgende generasie toe te rus met toekomsvaardighede

Meer as 65% van leerders sal werke hê wat vandag nie eers bestaan nie,¹ maar baie leerders ontwikkel nog nie die probleemoplossingvaardighede en basiese digitale vaardighede wat nodig is om gereed te wees vir daardie toekoms nie.

Ons bied skenkings ​​aan niewinsorganisasies en bou programme om toegang tot rekenaarwetenskaponderrig uit te brei, en ons help om meer vroulike studente en onderverteenwoordigde groepe op te lei in rekenaardenke. Dit is ons doel om elke leerder toe te rus met die aanpasbare vaardighede wat hulle benodig om die toekoms se grootste uitdagings aan te pak.

'n Tiener tik op 'n rekenaar en 'n instrukteur, wat langs haar sit, raak betrokke en gee raad

Kom meer te wete oor hoe ons onderwys ondersteun

Verbetering van onderrig en leer in graad R- tot 12-skole

Sien hoe Google-nutsgoed en -hulpbronne onderwysers en leerders van graad R tot 12 help om te skep, saam te werk en digitale vaardighede vir die toekoms te bou.

Ontsluit moontlikhede in hoër onderwys

Vind uit hoe Google-oplossings gevorderde navorsing, innoverende ontdekkings en studiegeleenthede aandryf by kolleges en universiteite.

Sluit hier aan vir opdaterings, insigte, hulpbronne en meer.