Die Warwickshire Kollege-groep bring internasionale deskundiges na die klaskamer met Google Apps for Education en Klaskamer

Die Klaskamer-program het groot verandering teweeggebring en stel studente in staat om te studeer, waar hulle ookal is.

Paul Rabone, dosent vir elektriese konstruksie en rugby, Warwickshire Kollege-groep

Uitdaging

Twee jaar gelede het WCG-studente toegang gehad tot Google Apps, maar die onderwysers het slegs toegang gehad to Gmail. Minder as 200 van die meer as 15 500 studente het Google Drive gebruik, hoofsaaklik omdat onderwysers nie toegang gehad het tot Google Apps nie en hulle dus nie die studente aangemoedig het om dit te gebruik nie. "Ons het die Rolls-Royce van programme gehad, maar onderwysers het nie geweet hoe om studente te help om Google Apps te gebruik en voordeel te trek uit die vermoë daarvan nie," sê Yousef Fouda, hooftegnologiebeampte by WCG. Onderwysers was gemaklik met die gebruik van Microsoft Office en Outlook en het dit dus nie oorweeg om van stelsel te verander nie. Fouda het die geleentheid raakgesien om tegnologie meer effektief aan te wend sodat onderwysers tyd kon spaar en studente 'n meer samewerkende leerervaring kon geniet.

Oplossing

Fouda het nie twee keer gedink oor hoe hy sy doel om 'n tegnologievaardige ekosisteem te skep, kon bereik nie: hy het Google Apps for Education aan onderwysers geloods, Google Klaskamer regoor kampusse bekendgestel en Chromebooks vir onderwysers en studente beskikbaar gestel. Aangesien studente reeds Google Apps for Education gebruik het en onderwysers vertroud was met Gmail, het die oplossing voldoen aan WCG se doel om tegnologie bekend te stel wat studente en onderwysers toerus om te kommunikeer, te werk en te deel. Hierdie doelstellings het direk verband gehou met die gebruik van Google Hangouts, Drive en Google+. Die gebruik van Google Apps for Education het vinnig en natuurlik regoor die kampusse versprei. Fouda het Google Apps for Education aan ongeveer 100 onderwysers bekendgestel en hulle het weer 600 ander onderwysers aangemoedig om die tegnologie aan te neem. Nou is 4 000 studente en onderwysers elke dag aktief besig op Google Apps, 'n geweldige toename van die 200 studente van 2 jaar gelede.