Die R.N. Podar-skool dra vaardighede oor vir die toekoms met Google Apps for Education

Google Apps for Education het deel van ons lewens geword, en die opwinding om nuwe metodes aan te leer om dinge te doen, was aansteeklik.

Avnita Bir, hoof, R.N. Podar-skool, Mumbai

Uitdaging

'n Verandering in Indië se onderwysbeleid en die instelling van deurlopende en omvattende evaluasie, het onderwysers se werklas aansienlik vergroot en meer samewerking en dokumentasie geverg. Opvoeders het 'n tegnologieoplossing nodig gehad, want hulle kon nie doeltreffend genoeg aan die vereistes van die nuwe evaluasiestelsel voldoen met 'n tradisionele benadering nie.

Oplossing

R.N. Podar het Google Apps for Education in 2011 aangeneem. Die skool het nou 6 000 Google Apps for Education-rekeninge, een vir elke onderwyser, personeellid en leerder. Alhoewel hulle aanvanklik die oplossing met die oog op die evaulasiestelsel aangeneem het, het onderwysers gou agtergekom dat Google Apps for Education ook opwindende moontlikhede vir onderrig en leer aanbied. Soos klaskamertyd meer produktief en boeiend geword het, het leerders se skoolwerk dramaties verbeter.