Die KIPP Bridge Charter School bemagtig leerders deur tablette met GPFE te gebruik

Met 'n nuwe kurrikulum om die draai, is Nexus met Google Play vir Onderwys-tablette 'n sleuteltoestel om leerders te help om die groter prentjie te sien, veelvoudige perspektiewe te verkry en oorweegde menings uit te spreek. As gevolg hiervan is studente se take meer dinamies.

Cathy Cowan, Graad 8-onderwyser, KIPP Bridge Charter School

Uitdaging

Om na die Common Core-standaarde oor te skakel was nie 'n maklike prestasie vir KIPP Bridget Charter School nie. Met 'n sterk fokus om leerders met die kennis en vaardighede toe te rus om in hoër onderwys uit te blink, het KIPP Bridge Charter School die belangrikheid erken om voldoende toegang tot tegnologie te verskaf om onderrig te verbeter terwyl hulle hierdie oorgang maklik maak. KIPP moes aan hul studente toegang tot 'n rekenaar en die Internet verskaf om met die CC-kriteria tred te hou wat kritiese denke en studente se vermoë om 'n argument gebaseer op verskeie bronne te vorm, beklemtoon.

Oplossing

Tablette waarop Google vir Onderwys geaktiveer is, het opvoeders by KIPP gehelp om maklik noodsaaklike programme na hulle klasse via die wolk te versprei. Leerders het 'n splinternuwe venster na die web in die klaskamer en toegang tot 'n hele protefeulje leeroefeninge gehad. Die bekendstelling van die tegnologie het groot opgewondenheid veroorsaak en dit was 'n moeitelose proses. Aangesien die toestelkoppelvlak so intuïtief is, verstaan studente dit sonder veel instruksies.