John Monash Science School-kursusse gaan virtueel met Google Apps vir Onderwys

"Ons het geweet dit sou vir onderwysers in afgeleë plekke maklik wees om toegang te verkry tot Google Apps én om dit te gebruik, terwyl dit aan studente wat honderde kilometers uitmekaar is 'n manier bied om in werklike tyd saam te werk en saam 'n begrip vir hul werk op te bou."

Peter Corkill, skoolhoof, John Monash Science School

Uitdaging

Die John Monash Science School wou gevorderde wetenskapkursusse na afgeleë klaskamers bring deur middel van die Emerging Sciences Victoria (ESV)-afstandsonderriginisiatief. Om dit 'n realiteit te maak, het hulle 'n platform benodig vir virtuele lesse en vir die ondersteuning van studente in afgeleë klaskamers. Onderwysers wat op verskillende soort toestelle werk in skole met beperkte hulpbronne, moes betrek word.

Oplossing

ESV het op Google Apps vir Onderwys besluit, want dit kon verskeie uitdagings oorbrug – studente en onderwysers kan toegang kry tot kurrikulum-materiaal en dit deel en hulle kan kommunikeer en saam aan projekte werk met die gebruik van enige toestel en sonder koste vir die skool. Nou leer 156 graad 10-studente in 30 afgeleë klaskamers vakke waartoe hulle andersins nie toegang sou hê nie, en word hulle opgewonde oor moontlike loopbane in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese of wiskunde.