Die Hillsborough Township gaan 1:1 met Android-tablette en Google Play vir Onderwys

Ek het baie gebruike vir die programme van Google Play vir Onderwys in my klasse gevind …Dis wonderlik, want die kinders raak so by die leerervaring betrokke dat hulle nie eers besef dat hulle leer nie. Dit beteken hulle is meer gemotiveerd om te leer.

Renee Meyers, Graad 3-onderwyser, Triangle Elementary

Uitdaging

Hillsborough Township Public Schools wou aan hulle leerders 'n voorsprong gee deur seker te maak hulle bly in pas met tegnologie vanaf 'n jong ouderdom. Die HTPS-span sien nie tegnologie as 'n vak opsig self nie, maar as 'n manier om leerders regoor akademiese gebiede te help leer. HTPS het gesukkel om 'n toestel te vind wat doeltreffend, sterk en maklik om te gebruik en te bestuur is. Lang opstellings en laaitye het die doeltreffendheid van die gebruik van ander toestelle in hulle klaskamers belemmer.

Oplossing

Google vir Onderwys bied aan Hillsborough Township Schools 'n eenvoudige en bekostigbare opsie vir tegnologie in die klaskamer. Met 'n vinnige bekendstelling en doeltreffende betalingsmetodes het opvoeders dit makliker gevind om die verspreiding van nuttige programme in hulle klaskamer te bestuur.