Die Universiteit van Georgetown verbind die gemeenskap op kampus en daarbuite

In die verlede het ons al ons hulpbronne gebruik net om seker te maak alles werk, met geen tyd oor om beter funksies te ontwikkel nie. Nou werk dinge net!

Marty Johnson, direkteur van ondernemingdienste, identiteit en samewerking

Uitdaging

Georgetown se IT was gefragmenteerd en het 'n opgradering benodig. Studente en personeel het dikwels gevind dat die tegnologie hulle terughou in plaas van om hulle te help. Hulle het verskeie (en verouderde) nutsgoed gebruik vir kalenders, e-pos en lêerberging wat pogings om vergaderings te skeduleer, inligting te deel en saam te werk gekniehalter het.

Oplossing

Met Google Apps for Education kon die universiteit van die verouderde stelsels ontslae raak en so geld en IT-hulpbronne spaar. Georgetown bied nou 'n maklike, eenvormige suite van e-pos-, berging-, kalender-, lêerdeling- en samewerkingnutsgoed. Boonop is lewenslange Google-rekeninge vir alle oudstudente beskikbaar sodat hulle in kontak met die gemeenskap kan bly.