Coleg Cambria verander onderrig met Chromebooks en G Suite

Die Chromebooks wérk eenvoudig. Hulle is betroubaar en bied vinnige en maklike toegang tot G Suite. Studente is mal daaroor om saam aan projekte te werk, binne en buite die klaskamer.

Mark Brandish, hoof van IT-dienste.

Uitdaging

Soos die kollege uitgebrei het, het die behoefte aan meer rekenaars vergroot – dit het druk op die IT-departement geplaas. Mark Brandish, hoof van IT-dienste, Coleg Cambria, verduidelik, "Ons was dringend op soek na nog rekenaars, maar ons wou nie nog IT-suites vol tafelrekenaars bou nie. Die klaskamers was net nie aanpasbaar genoeg vir onderrig nie en ons het 'n meer mobiele oplossing benodig. Ons het dit oorweeg om netboeke te koop, maar ons was nie oortuig dat dit goeie waarde vir geld was nie."

Oplossing

Brandish het geglo dat Google Chromebooks (skootrekenaars wat vinnige, bekostigbare en maklik-om-te-bestuur-rekenaarwerk verskaf en studente in staat stel om enige tyd en enige plek te leer) die antwoord was. Dit sou saam met G Suite, Google se samewerking- en kommunikasie-suite, gebruik word. "My span was nie seker hoe dit gebruik gaan word nie, maar ek kon regtig die potensiaal sien. Studente het Microsoft Live@edu-rekeninge gehad, wat hulle hoofsaaklik vir gedeelde berging gebruik het. Die personeel het almal Microsoft Exchange-rekeninge gehad. Ek het geweet dat as ons na G Suite skuif, sou hulle sien wat bereik kan word wanneer jy saam met ander werk," merk hy op. In September 2011 het Brandish 30 Chromebooks gekoop.